best day of your lifeYou find a handful of kind people in this world…most are egocentric, think only of what they can get, gossipers, and women with masks….being kind means go with all of the above and be that woman…the kind and loving one…I can recall a few of them…on my one hand….thank you for being that woman who are hard to find and hard to keep… (van Facebook getrek, ek kan nie die skrywer onthou nie)

Mooi woorde is dit nie?  Ware vriendinne kan mens soms net op een hand tel en hulle hou jy vir ewig.  Wat ek nooit weer sal doen nie, is om my vriendinne op te  gee.  Dit het gebeur nadat ek getroud was, X het toe ewe skielik nie van vriende gehou nie…en myne was nie goed genoeg nie…nou het ek daardie draadjies gaan optel en ek is so dankbaar om weer my vriendinne in my lewe te kan hê.  Hulle laat my lag, luister wanneer ek wil huil en altyd daar.  So leer mens maar jou lewenslesse, leer moet jy maar leer en wanneer jy die lesse geleer het, dan word die lewe makliker.

Ek wil ook nie meer narsistiese vriende/inne in my lewe hê nie.  Om aan die begin voor te gee dat hul so wonderlik en so awesome is, begin ek al op ‘n myl af bespeur.  W sal weet, ek sal net vir haar sê ‘NEXT’!  Sy is al radeloos en seker ook al moedeloos, volgens haar gee ek nie die manspersone ‘n kans nie.  Whaattt…ek doen! Maar o wee, dit werk nie met my nie.  Ek dink ek is soos Jakob wat 7 jaar vir elke vrou gewag het.  Ek is al 6 jaar alleen, dus is my 7de jaar al in sig.  Om die eerlike waarheid te sê, mens moet heel eerste die geluk binne jou ervaar voordat jy enigsins ‘n nuwe persoon in jou lewe kan toelaat.  Ja, ek het daardie stap bereik.  Ek het vergewe, ek het verwerping oorkom, ek het wel ‘n 180 º draai gemaak.  Die 360º sou net beteken dat ek presies op dieselfde plek sou geëindig het.  Ek kan die lewe nou in die gesig staar en weet ek is gelukkig.  En nee, nie sommer enige iemand nie…ek wag vir die een wat my siel sal raaksien en nie my gesig nie.  Die diepere dinge is belangriker as die oppervlakkighede. Ek wil nie ‘n verhouding begin en later van tyd agterkom dat ons geen kommunikasie of vertrouensverhouding het nie.   Dis complicated om te verduidelik, maar as ek nie op die eerste ontmoeting van hom hou nie, sal ek nie die tweede nie en ook nie die derde nie.  Vol fiemies, dis wat ek is, en hy sal pretty awesome moet wees om die siening te verander…Ek wil nie ‘n puppet on a string weer wees nie, ek is uniek.  Ek weet elke vrou (en man) is uniek, maar moet vryheid beleef binne perke…

Om ‘n vrou te kry wat innerlik sterk is, is ‘n bonus.  Altans, so dink ek.  En ‘n man wat sy sout werd is, sal haar respekteer en op sy hande dra.  Ek glo ook sy sal dieselfde dan vir hom wil doen.  Daar moet wedersydse belangstellings wees, vriende ook.  Wees versigtig indien jy hom aan al jou vriende en vriendinne voorstel en hy het nie vriende/inne nie.  Ek noem dit maar net, want hy kan jou na die huwelik dalk mooitjies van hul afsny…oeps, miskien jy hom van syne ook afsny.  Daarom, wedersydse vriende is beter…Maar, dis ook maar elke mens se persoonlike keuse. Keuses word daagliks gemaak, en mens leef saam met daardie keuses.  Mag jou keuses jou slegs laat lag en vreugde verskaf.

Innerlike sterk vroue, geniet ‘n wonderlike week…

EkWasHier