Hierdie foto is geneem deur (https://www.facebook.com/intaglioprofessor) Brent Haddock

Buck Moon setting on Timp. 07/21/16watching the Buck Moon setting at Cascade Springs.

maan deurskynend.jpg

Vanmiddag na ekstra klasse, bestuur my seun huis toe.  Toe kom die vraag…”Mama kyk mos altyd na die maan?”  Natuurlik kyk ek, maar nooit op hoogte met volmaan ens. nie.  Toe die Jackpot-vraag…en dit het my weer aan die wonder gesit.  “Het Mama gesien dat die maan eintlik deurskynend is?”  Whaatttt!!!! So het ek beslis nie gekyk nie…en vanaand toe ek na Brent se foto kyk, sien ek dit wat my kind opgemerk het.  Nou is dit weer ek en my dierbare vriend, Mnr. Google Windows, wat gaan navorsing doen.

Dit wil voorkom of die maan wel deurskynend is…Op 7 Maart 1794 het 4 astonome ‘n ster in die middel van die donker gedeelte van die maan opgemerk, 3 was van Noorweë en 1 van London.  Dit is wel ook opgeteken in  “The Philosophical Transactions of the Royal Astronomical Society”.  As dit maar al tye was, 1860 is daar ook so iets opgeteken.  Sommige antwoorde is dat die lug voor die maan blou vertoon…Kyk na die volgende foto en besluit self wat jy sien…sterre of stof?

maan sterre.jpg

Dis ongelooflik fassinerend en ek vra gereeld vrae.  Indien ek deur my Celestial Teleskoop kyk, sien ek geen ‘bal’ nie, dis plat soos bg. en die maan lyk ongelooflik mooi.

Nou my volgende vraag:  Lees wat geskryf is…”Remember the video footage of Armstrong stepping down the ladder while talking to everyone on Earth? And do you remember exactly where the camera had to of been placed in order to see Armstrong from the angle we did? How come we can’t see the camera in any pictures such as this? Here is a photo taken by Neil just as he exits the LM. It shows Buzz Aldrin climbing out and getting ready to climb down the ladder. Where’s the camera that just a minute or two prior, videoed Neil making his decent?” Die is die foto waar Neil Armstrong uit die shuttle klim…wie het dan hierdie foto geneem?  Daar is ook ‘n video waar Armstrong uit die tuig klim…nou wie het dit geneem en ja, dis uitgesaai in 1969 tydens die maanlanding.

armstrong

Verder wat interessant is, is dat die tuig in die Sea of Tranquility geland is, waar glo minder stof was.  En hier klim Aldrin uit.

maan armstrong.jpeg

En waar is die sterre in die volgende foto?? En volgens my kennis is daar geen skaduwee op die maan nie weens die maan se atmosfeer en die maan se onvermoë om skaduwee te gooi a.g.v. lug molekules.  Nee, nou is ek eers nuuskierig.

maanlanding geen sterre.jpeg

Dit laat my mos vrae vra…ek dink ek is soos ‘n driejarige wat vra ‘hoekom, hoekom, hoekom?’  En my nuuskierigheid word nie bevredig nie. Ek wil ook weet hoekom is die vlag so reguit en hang nie?  Dit lyk vir my eerder soos ‘n vlag wat vol stysel is en so gelaat is.  Ai, hoe lag ek vir myself met al my onbeantwoorde vrae…

Nog iets;  volgens die Geskiedkundige boeke…hoeveel ruimtevaarders sien jy?  Hierdie is NASA se foto’s.  En wat is daardie lig links bo?

astronaut.jpeg

Dis ongelooflik om meer en meer te lees.  En wanneer jou kind jou die tipe vrae begin vra, begin ek ook wonder.  Dis vrae wat ma’s nie meer kan antwoord nie.  My kind het nog nooit die tipe vrae gevra nie, nou begin hy geprikkel raak en begin met die mees interessantste en onbeantwoorde vrae.

Dankie tog vir navorsing.  Dis een ding wat ek deesdae baie doen in my vrye tyd.

Wel…ek het steeds geen antwoorde nie…

EkWasHier

En hier is ‘n klip wat op die maan is…kyk wat staan daarop…LOL…en dit is die verduideliking daarvan:  “As a result, NASA came up with a different, though no less implausible, explanation for the rock with the “C”. According to them, it’s a stray hair. It can’t be more ridiculous than this!”

klip maan