Soms wonder (al weer op die wonder uit) ek hoe gelukkig die mens werklik is. Sit almal nie maar net ‘n ou maskertjie op – soos ‘n ou make-up – nie?  Hoe gelukkig is elkeen?  Inherent dalk nie te goed nie, maar daar is tog soveel goed om na uit te sien in die lewe.  Die lewe is dalk net ‘n pitstop in ons lewe (nou verwys en na die hiernamaals) om sekere ervarings op te doen, maar die lewe stop nooit.  Ek sal nie omgee om nou huis toe te gaan nie. Dan sal ek nooit weer hierdie Aardse gevoelens ervaar nie.

Indien jy die lewe nie vir jouself die moeite werd maak nie, sal die lewe vorentoe geen doel dien nie.  Hier opper ek slegs my opinie…En enige iemand moet die een of ander tyd wel ‘n mind-shift doen om sy/haar lewe reg te ruk.

Miskien moet ons soos die kers wees wat motte na jou aantrek.  Miskien is jy net daardie vlammetjie wat iemand aantrek en ‘n wonderlike vriendskap stam daaruit.  Alles gebeur in ‘n oogwink.  Jy kan slegs die beste persoon wees wat net jy kan wees.  Wees bedagsaam, en selfs hartlik en goed vir ander, al is jy ook soms moeg.  Moenie oor mense probeer loop net omdat jy ‘kan’ nie.  Loop soms daardie ekstra myl, al is die voete seer.  Doen meer as wat van jou gevra word.  Soms weet ek dis moeilik, maar waar jy kan, doen dit.

Soms soek ons net ‘n oor om te luister.  Soms net iemand wat dalk verstaan.  Moet ook nie in jou hoekie gaan sit (soos ek) en hoop dinge gebeur om jou nie, want jy sal wel daardie treetjie die een of ander tyd moet gee.

Soms moet ons meer luister en minder praat…meestal wat ek hoor is:  Ek….ek…ja, ek weet maar ek…jinne, ek hoor jou maar ek…weet jy my…en dit laat soms ‘n wrang smaak wanneer iemand wel jou oor nodig het en jy nie luister nie.  Eintlik moet ons regtig leer om te luister.  Daardie skilpop van ‘vriendin wanneer dit my pas’ afgooi en die vriendin wees wat ek werklik is.

Wanneer laas het jy iemand vertel dat jy hulle liefhet?  Wanneer ‘n mama afwesig is in haar kind se lewe is daar ‘n emosionele wanbalans…wanneer ‘n papa afwesig is…is die rolmodel vi die seun weg en vir die dogter sal sy altyd soekend bly na ‘n pa.  Al probeer die een opmaak vir verlore tyd, is dit vir ewig verby en sal nooit ingehaal kan word nie.  Begin aandag gee by jou eie kinders en reik van daar af verder uit.

Soms moet ons uitgaan en net die greatste mens wees wat jy kan wees.  Jy sal awesome wees.  Maar wat jy nooit moet doen nie is om tyd te spandeer met iemand en probeer bewys hoe great jy eintlik is nie.  Actions always speak louder than words.

As iemand nie jou pragtige lig raaksien  nie, gaan aan…daar sal wel iemand eendag opdaag en jou ag as iemand wat wonderlik en onmisbaar in hul lewens is.  Jou vlam sal skyn tot in die diepste hoekies van die donkerste plekkies.

Sit jou glimlag op as perminente grimering en wees die kersie…

EkWasHier