Onthou altyd wie agter elke vrou staan…

Agter elke vrou wat onafhanklik is en sterk voorkom,
is daar baie hartseer, soms is sy alleen en soms hulpeloos…

God was daar..

Sy moes haar lewenslessies leer,
en haar stryd was alleen…

God was steeds daar…

Agter haar skild van selfvertroue
en deur die moeilikste tye van haar lewe
was daar ‘n oorvloed van hartseer en pyn
en sy moes dit deurgaan…

God het haar alles toegelaat…

Haar stryd was soms swaar
Trane altyd vlak
Dit was nie a.g.v. swakheid nie;
dit was sterkte want sy moes deurdruk.

God het haar hand styf vasgehou,
Sy Engele het oor haar gewaak
Maar sy moes leer vertrou
Daardie treëtjie om oor die bergtop te kon kom…
Noudat sy daar is
Besef sy, sy was nooit alleen…

God was, is, en sal altyd daar wees…

Dis seker een van die moeilikste ervarings in ‘n vrou se lewe om in ‘n posisie van egskeiding te staan.  Maar mens kom deur dit…soms is dit moeilik, soms neem dit tyd, soms baie trane,  soms verwyt.  Maar deurkom, dit sal jy!!! En ja, TYD bly maar jou beste maatjie…

Vir ongeveer 4 jaar moes ek pa en ma gespeel het, nou is my dogter groot en gaan haar gang…dis nog net my seun…’n afwesige pa en geen rolmodel as vaderfiguur nie, is maar moeilik…maar ek weet hy sal goed uitdraai…my kinders se Mama is ‘n sterk vrou en sal hulle altyd liefhê bo alles…al wat ‘n gesin bymekaar kan hou is die liefde van ‘n Mama…

Wanneer ek terug kyk op my lewenspad, was daar baie migraine wat gepaard gegaan het met baie pille en migraine-cocktails…en daarna anti-depressante…NOU;  nou is ek weer gelukkig en ek het geen hoofpyne of migraines meer nie…ek het ook nie meer die benoudheid binne my nie…en dit sê, ek is absoluut genees.  Ek het daardie 180º + 180º + 180º draai gemaak…ek wou nie die 360º draai maak nie, want dan sou ek presies geëindig het waar ek begin het…die belangrikste is om jouself die tyd te gee om te genees, van alles en nog wat.  Daarna sal jy slaggereed wees om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk.

Wie sal ooit die hart van ‘n vrou werklik verstaan?

EkWasHier