you may think you know me

Mense ken mense slegs oppervlakkig en min is werklik bereid om die ander beter te leer ken, sonder om die eie ego daar te stel.  Elke mens reageer anders, hetsy dit nostalgies is, emosioneel, fisies, spiritueel…elke vrou se hart klop ritmies op hul eie manier en gee soveel liefde op hul eie wyses.

Hoe gemaak om kop bo water te hou?  Let go…dis maar al…ja, so gesê maar dis g’n maklik nie.  Die verlede kleef soos ‘n neet aan jou, maar vergifnis maak los…

Soos die Augustuswinde nou begin waai en die laaste maand van die Winter wat aanbreek, draai ons seisoene in die lewe ook…Miskien is jou Winter netso lank soos myne, maar die winde bring vernuwing en dankbaar vir die “Winter-tydperk” in my lewe sal ek dankbaar wees…soms voel dit vir my asof ek in die Mandela-effek leef, want dit voel asof ek iewers in my lewe ‘n tydperk verloor het en nou weer wakker geskrik het.  Dit het ‘n egskeiding gekos om my seker terug te ruk na die werklikheid.  En ja, dit was goed, want my verstand is weer baie helder en ek kyk met ‘n glimlag vorentoe en weet, alles gebeur soos dit moet.  God en ekke het seker lank gesit en beplan aan hierdie lewe en seker baie wysigings gemaak, met die wete dat ek tog vorentoe sal kan beweeg en standvastig sal kan wees.  So as ek dit kan doen, kan enige iemand dit doen.

Voel dit nie soms vir jou of alles net skeef met jou loop en dit lyk asof alles so seepglad met ander gaan.  Maar, ons weet beslis nie wat agter ander se toe deure aangaan nie.  Moeder het altyd gesê:  Ander se sake is duister…en dit is.  Maar soms moet ons net daar wees ook vir ander.  Indien ons lewe vir dit waarvoor ons hier op die aarde geplaas is, dan sal ons seker die gelukkigste mense op die aarde wees…

Wanneer ons van hierdie probleme let go, let go ons eintlik van al die stres en bog in ons lewens.  Soms lag ek so in my innerlike wanneer mense uit’freak’ en te kere gaan…gedane sake het geen keer.  Of aanvaar dit of sit maar met die nonsens wat jou lewe versuur.    Laat die Winter kom en laat dit alles wat binne in jou is wat jy nie meer wil hê nie, doodgaan, en vernuwe jouself.  Lente is op pad en dit gaan die heel mooiste Lente an jou lewe wees.  Ek weet myne gaan wees.  Soveel Winters en aaneen Winters beleef dat Lente nie meer kan uitbly nie.  Dis tyd vir ‘n Somer waar ek net gaan glimlag en uit dankbaarheid uit lewe.

Wat die toekoms inhou weet nugter alleen, maar ek sien uit na elke dag.  Elke dag bring iets nuuts, iets om voor dankbaar te wees.  Maandae is nie my kopseer dag nie, dis die begin van ‘n heel nuwe week waar nuwe dinge geleer word, nuwe ondervindinge…

new beginning painful ending

‘n Nuwe begin is ‘n geleentheid wat deur genade gegun is…en ek leef uit dankbaarheid uit.  Nooit in my wildste drome sou ek ooit kon dink dat my lewe so ‘n 540º draai sou maak nie…en soms dink ek  dat my lewe steeds aan’t die verander is.  Al gaan jy soms deur daardie donker skaduwee, God is daar en Hy bly die lamp en lig en mens kom deur.  Weet net, dis deur Genade…en ek sien uit na die dag wanneer ek huis toe gaan en ek al die take wat ek moes verrig het, goed voltooi het.

God sal wel iemand aanraak om die pad deels saam met jou te stap.  Ek sien nogal uit om te sien wie die liefdespad saam met my gaan stap, en ook wie die Herfsjare pad as vriendinne saam met my gaan stap.  Mag hulle geblessed wees…

EkWasHier