Soms vra ek myself die vraag af:  Watse lewensles het lieg?  Spreekwoorde soos:  Lieg soos ‘n tandetrekker.  Lieg soos ‘n vlieg het ons as kinders altyd gesê of jok soos ‘n bok.  Trou is beslis nie perdekoop nie, so ook is lieg nie perdekoop nie…

lie, truth will cath you

Wag, dink dit moet op ‘n meer ligte luim gedoen word…Die eerste man wat vir my gejok het en my gebreek het, was X…land en sand in die motor gesit en gesels wanneer hy tuis arriveer…vra ek met wie hy gepraat het, was dit sy suster…dan volg die moodygeite…toe was daar Y…wil natuurlik trou, maar griet, wil nie deel nie…’n string ander vrouens…wat izit met die mans…eish!   Toe volg, ehm…kom ons noem hom sommer Z…hy’s die Loner…ok, who cares, NEXT…en dan meneer Grootbek en die lewe draai net om hom ai jai jai…so ontmoet ek mense in my lewe en Mr. Google is mos my beste-este vriend, en net deur hier en daar te search – WHAM!  Speurder Mal het hom…en baie van hierdie mans is getroude mans wat hul vrouens so verneuk, soos myne.

Wat is dit met hierdie lewe van vandag? Ai, die ou mensdom is al te lank op hierdie Aarde en dink die denkwyses het so ‘n klein bietjie versteurd geraak…nie footloose nie – headloose…Mense wil nie meer hul eie tuintjies besproei nie, lyk my die ander tuine lyk beter…maar steeds dink ek – s#@t die mis is darem diep daar…en kyk, dis wanneer die…ehm…wiele vas gesuig word en die ‘modder’ is baie, baie diep en dis ‘n tameletjie daardie.  Shame, en wanneer die arme dinge omdraai is die hekkie gesluit, sommer dan aan beide kante…(ag ek lag nou so en kan myself indunk…o jinne, dis eintlik snaaks) Mens kan dit nie net op manlike geslag plaas nie, maar ook op die vroulike geslag en kiddies ook…o blikssssssskottel…tannetrekkers…

Nee, jagters is daar nie meer nie, en ek gaan beslis nie die jagwerk doen nie.  Hierdie enetjie aan hierdie kant het al baie liegbekke ervaar, ja-broers, die wat beloftes maak ens… en elkeen met ‘n storie…en mense wat inmeng is netso skuldig.  Maar alles gebeur soos dit moet…come hell or high water, deur moet jy daar deur.

Ja, ek het al gejok, maar o genadetjie toggie… jy sal dit in my oë hard en duidelik lees…en indien jy my ken, werklik ken, sal jy weet ek probeer hard om dit nie te doen nie, want ek lieg myself vinnig vas…so, ek praat liewers baie min en luister veel meer…dis die beste.  Om nog Old School te wees is skaars en om hierdie eienskappe te besit moet mens koester…hoop my Mr. Right of is dit nou weer Mr. Wrong…Mr. Next, of whoever is Old School…

Besef die mens nie eintlik wat hul aan die ander een doen nie?  Soveel hartseer, pyn en lyding as gevolg van leuens.  Maar kom ek gee bietjie my siening.  Wel, jy mag dalk nie saamstem nie, maar dis hoe ek deesdae voel.  Dalk moet ons deur hierdie gevoelens gaan sodat ons siele die aardse pyn en seer moet voel en verwerk.  In die hemele is net liefde…dalk was dit ons keuse om Aarde toe te kom vir die emosionele ervarings.  Ek wonder soms of ons Beskermingsengele en God nie saam soms ‘n traan stort vir ons nie?  Dit moet ons siele seker sterker maak sodat ons nooit hoef te wonder, wanneer ons terug gaan hemel toe, oor hoe dit voel om dalk verwerp te word nie…of om te voel hoe mishandeling, hetsy emosioneel of fisies, voel nie…Vir elke mens is daar lesse en niemand, maar niemand is vrygeskeld van hierdie lesse nie.  Ek is so dankbaar vir myne…al is dit deur leuens…agterbaksgeite, skinner ens…begin ek nou uitsien na die volgende les…leer poppie leer!  En vinnig ook, gehoor!  Ja, Alter Ego, ek hoor jou hard, duidelik en luid…Ja, sjuut!!! Ekke leer…

So van die os op die jas;   liewers ‘n paar vriendinne (en vriende) hê wat jou verstaan, en met wie jy kan identifiseer as ‘n rits ja-en-amen-broers-en-susters…Ag waar is daardie lag emoticon wanneer ek dit soek??  Die handjievol mensies wat ek het is absolute blessings en ek weet ek kan op hulle knoppies druk, hulle vertrou met my hele wese…Hulle is meer werd as enige iets wat mens kan koop…Hulle sal nooit weet hoeveel hulle vir my beteken nie, want ek kan dit nie verwoord nie…I simply luv u 2 bits…en NEE!!! Wanneer Mr. Next  my van my vriendinne wil ontneem sal daar beslis ‘n NEXT wees…whahahaha…nie weer sal ek hulle opoffer nie…afsondering is sleg vir die gestel, en ek het sooibrand vir oor di 15 jaar gehad, gelukkig het die lewens’rennies’ gehelp en ek het weer bande begin bou.  Awesome né!

Natuurlik is hulle die ‘goues’ in my lewe, maar daar sal nog nuwes bykom, party vir ‘n dag, ander vir ‘n seisoen, ander vir ‘n jaar en ander lewenslank…ek sien uit daarna…ai, ek sien uit na die wat my tipe humor verstaan en weet wanneer ek skoorsoek sonder ‘n glimlag en later uitbars van die lag…of in my innerlike lag vir die grappie…of die grap later kliek…

Confucius het gesê:  A friend in need is a pest… Miskien, maar myne is friends indeed.

Luv julle

EkWasHier