Vanoggend het die grys-grou donker wolke die hele hemelruim bedek.

IMG_20160725_065121.jpg

Donderweer het oral rond gedans en reëndruppels het neergestort soos manna uit die hemele.  Dis my weer, pannekoek en sop, ek is seker maar eksentriek want ek sal maklik reënweer bo sonskyn verkies.  Wanneer die Aarde benat word, voed dit die velde en nuwe lewe spruit  voort.  By die skool vanoggend het ek ‘n geskenkie vanuit ‘n Mama se hart ontvang.  Sy het vir my ‘n handsak gehekel, amper soos ‘n skouersak.  Dis ‘n blessing want iets uit die hart is vir my meer waardevol as ‘n duur geskenk.  Dis iets wat ek voorwaar sal treasure.

Vanaand, terwyl ek oueraand toe ry, sien ek die mooiste sonsondergang. Ek ry stadiger en soos die kids haal ek my selfoon uit en neem selfies…nie van my nie maar van die pragtige Winters sonsondergang…sommer so in die ry…Die goue strale van die ginsterende son wat agter die bome begin wegkruip was awesome…

This slideshow requires JavaScript.

Die grou wolke was aan’t verdwyne maar steeds byt die koue voort.  Die yskoue windjie wat so liggies aan die vel kleef.

By die skool gekom, parkeer ek en gaan sluit oop.  Ai, die piepie reuk van muise hang steeds in die lug.  Klaend vertel ek kollegas daarvan en een beveel aan dat ek motbolle daar gooi.  Wel,  môre is die dag… motbolle en sommer Rattax ook…Later is die rapporte uitgedeel.  Ergste is, ek kan nie my eie kind se rapport gaan haal nie, en nog minder sy onderwysers/esse gaan besoek nie.  Ek het nie baie ouers te siene gekry nie, die Pikkies het nogal hard gewerk…en ja, ek is trots op my Pikkewyne.  Nog ‘n Pikkie se Mama keer my voor en vra ek moet email stuur aan iemand net om te bevestig ek het met haar gesels.  Sy het die voorreg ontvang om aan ons liefdadigheidspan ‘n klomp aanmaak-koeldrank te skenk.  Ons sal dit wel onder behoeftiges versprei.  Hoe kan mens dankie sê vir die onbaatsugtigheid?  Mens kan net dankbaar leef…

My jarelange vriendin loop verby en ons begin gesels…amper vir ‘n uur lank.  Ons twee is al vir ongeveel 13 jaar vriendinne.  Sy is ook in die onderwys en dit beteken ons sien mekaar net by funksies.  Sy is seker een van dié mees intelligentste vrou wat ek nog ooit ontmoet het, maar met ‘n hart van goud.  Dis altyd wonderlik om te gesels oor alles en wat en net die wete dat alles goed gaan is al ‘n blessing.

Voordat die horlosie 8 uur slaan groet ek my een kollega en stap motor toe.  Ek kon voel hoe die koue om die hoeke van die skoolvlaktes sny.  Tevrede sit ek my handsak en rekenaar in my wa en ry huis toe.  ‘n Warm bad was absoluut verwelkomend…en kan rustig die aand deurbring.

Ek hoop dat elkeen van julle die koue sal waardeer, verlede Desember was so kokend warm dat die koue nou vir dit opmaak.

Blessings

EkWasHier