Shakespeare het in sy drama, Hamlet, die volgende geskryf – terwyl Hamlet die kopbeen in die begraafplaas vashou, het hy genoem dat elke persoon so gaan opeindig.   En dit is absoluut die waarheid.

Kyk, dit maak nie aan my saak of jy ryk is nie, of brandarm, of vet of maer, slim of verstrooid of wat ookal nie…wat wel vir my saak maak is dat ons mekaar se siele raaksien.  Dat daar ‘n konneksie is.  Dat die wese, die mens raakgesien en verstaan word.  Niks meer is belangriker as dit nie.  Wanneer ek daardie vonkie vind, vind ek ‘n lewenslange vriendskap en is nie bereid om dit op te gee vir bv. ‘n man of ‘n vriendin wat net vriendskap van eenkant af gee nie.

Ek het al vriendinne gehad wat so voorgegee het en dan word mens so in die rug gesteek…maar ek kan nou met dankbaarheid in my hart sê, my vriendinne wat ek nou het is meer as sout werd.  SOUT?  Ja, goud het ek nie nodig nie, maar sout het ek wel en hulle is ook die sout van die aarde.  Mooi van binne, my lagvriendinne, my hartsvriendinne…

Ek besef ek is eksentriek en ek weet mense verstaan my nie maklik nie…maar die wat wel doen, hulle is die vir wie ek daardie deurtjie oopmaak sodat hulle my siel kan raaksien.  Andersins;  geslote soos ‘n boek.

Vandag…alle hartsvriende/inne…julle sal altyd deel van my lewe bly…al sien ek julle soms min, of al leef ons soms by mekaar verby, julle is die beste dinge wat met my kon gebeur het.  Ek is lief vir julle elkeen en is dankbaar vir julle bydraes in my lewe…

EkWasHier