Sowat 19 jaar gelede het ek viervoetig vas geskop en besluit om by Dr. René (ginekoloog) se raad te bly.  Hy het ook aan Naas Botha en sy vrou destyds die raad gegee.  Ek tel, van ovulasie af 12 dae en dis ‘n dogter, 14 dae vir ‘n seun en 16 dae vir dogtertjie…so het ek my planne beraam.  Come hell or high water, 14 dae en daarby bly ek.  Ek het swanger geraak so in die begin van November 1997…my gesondheid was nie juis goed nie en ek het met hom flou geword.  Dr. Jenny het my goed gemonitor asook dr. René.

Die een Vrydag sien ek en my x die ginekoloog in Sandton…ek kon nie meer lekker slaap nie en hy sê boetie lê alreeds reg om gebore te word.  Maandag oggend is dit D-dag en so gesê, so gedaan.  Maandagoggend 3 Augustus 1998 boek ons vroeg in by Sandton Medi-kliniek.   Ek kry ‘n spinaal en om 8:00 is Michael gebore.  Die mooiste seuntjie.  En bietjie gehuil – moes seker maar om asem te kon skep.  Hy was redelik maklik en die middag het ek alreeds sonder ‘n rolstoel opgestaan en na hom toe gegaan.  Michael was ‘n mooi babatjie, netso mooi soos sy sussie – haar mylpaal is 21 hierdie jaar…

Ek sou nooit kon raai dat dit die enigste man tot op hede wat my nie sou teleurstel nie.  3 Augustus en dis 18 jaar later is hy ‘n pragtige jong man.  Ek is baie trots op hom.  Soms dink ek God het geweet dat ek so iemand in my lewe nodig sou hê en hom vir my geskenk.

My liefste kind, ek is baie trots op jou.  Geluk met jou 18de geboortedag.  Mag jy net blessing op blessing ontvang.  Mag jy vind wat God vir jou bepaal het.  Ek is baie lief vir jou en is baie dankbaar om jou in my lewe te kan hê.  Infinite Vader het geweet dat jy op ‘n stadium die enigste man in my lewe sal wees vir ‘n tydjie en Hy het ook geweet dat jy ‘n glimlag op my mond sal bring as ek aan jou dink deur die swaar en moeilike tye en ek is dankbaar vir jou, jy het my lewe die moeite werd gemaak.  My liefde vir jou sal nooit kwyn nie…jy sal altyd ‘n deel van jou Mama se hart besit.  Luv u…

MamaMichael rules for dating my son.jpg

Gelukkig ken jy jou Mama en weet ek sal haar aanvaar omdat ek lief is vir jou…

EkWasHier