Daniell Keopke het baie spreekwoorde en aanhalings gehad en een wat my wel aangeraak het is dat my gevoel ook saak maak.

Meeste van die tye gebeur dit dat ons onself laat krimp, ons maak onsself kleiner, ons probeer wegkruip en probeer om nie so sensitief te wees nie.  “Less needy” is een van sy woorde, en ek stem heelhartiglik saam.  Ons doen dit, want ons wil nie ‘uit’ wees by ander nie, en ons vorm onsself om by die samelewing in te pas.  Vir wat? Vir wie?  Beslis ten koste van ons eie bestaan, ons eie wese…en dít is werklik onnodig.

Wanneer mens voel jy is ‘n las (burden) vir iemand anders, is dit beslis nie meer jou probleem nie, maar hulle probleem.  Jy, liefste mens is beslis meer werd as wat jy dink.  Jy stoot geen mens van jou af weg nie, dis hulle keuse om die pad te neem en hou sommer jou deur oop ook.  Hou die deur oop vir die mense wat jou lewe betree en nog groter oop vir die wat jou lewe verlaat.  Soms is dit beter wanneer mense jou ewe verlaat want dan maak jy plek vir silwer vriende wat inkom en later bly as platinum.  Ware en opregte vriende is min.

deur2

Soms voel jy, jy wil tog net iewers hoort, iewers inpas.  Of jy voel dat jy wens daar was meer mense soos jy wat by jou inpas.  Iemand wat ‘n tikkie omgee en dat jy waarde in die lewe het.  Jy het dit klaar.  Soms het ek ook die gevoel van  ‘I wanted to be wanted’.

Hoeveel jare offer ons nie onsself op vir die tipe aanvaarding nie?  Ons offer dit op eerstens vir ons eggenote, ons kinders, ons familie…en soms wonder ek of daardie opoffering die moeite werd is…ek voel, en dis my opinie en jy mag verskil…Ek voel ons offer onsself op om ander gelukkig te hou.  Vir jare het ek dit gedoen en ek het telkens aan die kortste ent getrek – vir jare het ek swaar gekry, my innerlike wese het begin wegkwyn en ek het dit nie daardie tyd raakgesien nie.  Dis tyd dat ek nou aan myself moet waarde heg en aan myself tyd moet spandeer.

Ek is  moeg vir swaarkry, moeg om te krimp, in my innerlike weg te kwyn.  Ek is moeg om ander gelukkig te hou.  Ek is klaar met die wete dat ek ‘krimp’.  Dis nie my werk om te verander wie ek is om ander se idees van my as waardige menslike wese vol te staan nie.  Ek  is waardevol in eie reg.  Nie omdat ander dalk moontlik mag dink ek is nie, maar omdat God my gemaak het en ek bestaan en daarom is ek ook deel van die mensdom wat iets meer as net bestaan werd is.

My gedagtes is van belang, my gevoelens is van belang, my stem het wel ‘n aanslag op hierdie lewe en ek glo nie ek het enige iemand se permissie meer nodig op aanvaarding nie.  Ek is gemaak deur Infinite Spirit, die Almagtige Vader en net Sy aanvaarding maak saak.  Ek weet ek het geen mens se permissie of aanvaarding nodig om my lewe voort te bou soos ek doen nie. 

Ek sall voortgaan om ‘ek’ te wees en om my waarheid uit te dra.  Al maak dit mense kwaad, sal ek aanhou om myself te begin wees.  Al maak dit hulle ongemaklik, al kies hulle die deur om my lewe te verlaat. Ek weier om verder terug te staan en toe te laat dat mense op my trap soos hulle lus kry omdat my hart sag is en ek dinge toelaat.

Ek verkies om nou spasie op te neem.  Ek is tans besig om my eie gevoelens, denke te eer.  Ek gee myself nou permissie om al my behoeftes te laat verkry sodat die lewe vir my ook goed en rustig en vreugdevol kan laat geskied.

Elke mens het gevoelens…laat elke individu toe om te ontwikkel na sy/haar vermoëns en laat hul toe om te groei.  Dis elke mens se reg om tot ‘n volwaardige geestelike wese te groei.

Blessings

EkWasHier

do good