Ons is beslis nie oud nie, slegs recycled teenagers…Is die vrou nie maar die sterker geslag nie?  Is sy nie maar die een wat alles bymekaar hou nie?  Dis sy wat in gebed vir haar gesin in die besse tree.  Dis sy wat noodgebede opstuur om haar gesin te bewaar. Dis sy wat met tere liefde moet toekyk wanneer haar kinders of geliefdes seerkry.  Dis sy wat moet aanhoor dat haar kind nie goed genoeg is nie, of dat hulle nie so goed is soos die kief leerders nie.  Maar vandag wil ek vir jou sê…in jou oë is jou kind kief genoeg…goed genoeg!

Ek het maar altyd die filosofie gehad van – die manier hoe jy teenoor ander optree sal wel vrugte lewer.  Iets wat ek nooit vir my Pikkies in die skool sal sê nie is dat hulle sleg is dat die see hul nie kan skoonwas nie.  Ook nie vertel hulle is dommer as grond nie, of dat hule aansit of wat ookal.  Eendag is eendag draai daardie woorde teen my en ek moet dan rekenskap daarvoor gee.  Neem ek mense soos Einstein, Robert Kiyosaki, Richard Branson, Tony Factor ens…hulle was nie uitblinkers nie.  Inteendeel: hulle was afgekraak en vertl dat hulle nooit iets in die lewe sou kon word nie.  Onderwysers het dit verkeerd gehad met hulle en kyk nou na hulle – multi-miljoenêrs.  Tony is al oorlede maar sukses uitgedraai.

Wat ons uitdeel, moet ons kan ontvang…

Wees net lief vir almal om jou en doen alles vir jou gesin sodat hulle jou sal onthou wanneer hulle ouer is en ons in die ouetehuise, buite op die stoep sit…  Oe, dan gaan ek soveel droog wil maak en indien my kinders met my raas, wil ek hulle herinner aan wat hulle aangevang het…kan net pret wees.

Mag julle blessings ontvang en ouma word selfs met agterkleinkinders…

EkWasHier

oud nie koud