Liefste Vrou

Ai, soms wil ons net té veel vrou wees.  Vrou in eie reg, vrou vir iemand wat jou verstaan.  Soms is ons net té veel vrou.

Ons wil té mooi vir ander lyk, té slim wees om ons gesin te help…té sterk – innerlik en soms uiterlik ook…té veel van iets om die vrou of Mama te wees of as werkgewer of werknemer.  Ons wil alles net reg doen.  Té…

Onthou, soms maak bogenoemde ‘n man minder as ‘n man voel, MAAR soms laat dit jou voel om minder te laat voel as wat jy is.  Ek wil hier nou bylas:  SO WHAT!  Moenie die juwele uit jou kroon as vrou haal om dit makliker of ligter vir die man te maak om te dra nie.  No way!  Wanneer dit gebeur gaan jou kroontjie kleiner word en dit is beslis onnodig. Jou kroon moet bly soos dit is en jou juwele is meer werd as enige iets.  Jy is perfek geskape en jou waarde is hoog.

Wat jy nodig het, is ‘n man met baie groter hande…

EkWasHier

hande vol