Liefste Vrou

Ek skryf hierdie briefie met deernis aan jou.  Die jou wat deur so baie storms in die lewe is, waar storms steeds woed en waar een dalk hangend oor jou is.  Ek skryf aan die jou wat ‘n rowwe week, of dalk jaar of lewe het.  Ek skryf aan die jou wat soms weird voel, die jou wat soms onsigbaar voel.  Ek skryf aan die jou wat voel of jy nie waardeer word nie.

weird

Weet jy, soms voel jy asof jy nie meer kan aangaan nie, soms voel jy verlore…maar jy is sterk, deur alles kom jy deur elke probleem.  Voel dit dalk soms of jy geloof verloor het?  Moenie vrees nie, of jy dit het of nie het nie…dis nou geloof – God dra jou deur alles.  Daardie rye voetspore mag vervaag maar jy word steeds gedra.

Ek skryf aan die jou wat voel asof al die blaam en swaar las op jou skouers rus.  Gelukkig het ‘n storie drie kante; joue, die ander party en natuurlik die waarheid waar God gesetel is.  Ek lees nou die dag dat die wiel wel draai…en 7 is die getal:  7 minute, 7 ure, 7 dae en so gaan dit aan…myne gebeur in 7 jare.

windpomp4.jpg

Soos die ou windpomp draaie in sy skaniere maak sodra dit wind  vang, so gaan jou lewe die wind van voor kry en jy gaan dan die Lente van jou lewe te gemoet en jou mondhoeke sal geseënd wees met ‘n glimlag.

Weet jy Liefste Vrou, eintlik is jy amaZing, inCredible, aweSome!  En jy maak die wêreld tog ‘n beter plek.  Sonder jou sal alles nooit verloop soos dit moet nie.  ‘n Man sal nooit die gesin of familie bymekaar kan hou nie, slegs ‘n vrou kan.  Jy, Liefste Vrou, jy maak hierdie wêreldjie om jou net mooier en meer aanvaarbaar.  Weet jy dat jy soveel potensiaal het en so min tyd om alles te doen, MAAR jy het tyd, genoeg daarvan.  Tyd om te genees, tyd vir lag, tyd vir werk, tyd vir speel…TYD, dit het jyt!!!

Weet jy dat jy ook die tyd gegun word want beter dinge is op pad na jou toe.  Nee, onthou dat goeie dinge nie kan wegbly nie.  Aldo se woorde lui steeds in my ore:  Juffrou, onthou wat jy ons geleer het:  Tyd is jou Beste Maatjie!  Nou gee ek die raad aan julle – Tyd Bly J0u Beste Maatjie!!

Dis nou die tyd om nuwe dinge te begin in jou lewe en jaag daardie Lente aan…die tyd is reg en God het nie van jou vergeet nie, al dink jy soms so…

EkWasHier

you can end of story