Elkeen van ons het twee ekke sefies – die klein selfie (die gewonde een, die ego) en dan jou geestelike self (daardie hoër een, jou siel, die spirituele een wat meer na die volwasse een lei).

Soms is die gewonde klein selfie so onvolledig so klein en so seer en jou alter ego want soms kruip mens daar weg ook…Ai, hoe bevraagteken ons nie soms ons eie waardes nie, ons voel nie volkome nie, daar is soveel leemtes binne ons.  Ek is gewond, ek voel klein en ek wonder of ek werklik liefdevol is of werd is om liefde te ontvang of soms om te gee…

Kom ek by die geestelike self, my hoër alter ego, wil ek sê, alhoewel dit my beter self is waarna ek so ontroosbarend, rusteloos soek…wat binne my geleë is.  Deksels, hoe haal ek jou uit, hoe gaan ekke jou vind?  Ek is tog met my geestelike, my spirituele  gebonde aan liefde, waarheid, wysheid en vrede. (ek noem dit spirituele want ‘I am made of Spirit and Spirit lives in me’)  Dit moet tog van binne kom? En tog, hierdie spirituele sy weet,  twyfel soms hoe liefdevol en waardevol ek is.  Jou spirituele sy, sonder twyfel weet jy is gekoppel aan een God.  In meeste gevalle is ons geestelike sye net die teenoorgestelde van ons klein selfies…

Soms dink ek dat, werk ons vanuit een van die twee selfies…dis of ek, of my alter ego  of uit my siel…meestal tree ons uit die oogpunt van ons eie ego op, omrede ons soms glo dat ons moet ‘opmaak’ vir die ‘tekorte’ in ons lewens.

Ons eie ego’s soek na dinge aan die buitekant om aanvaar te word om volkome erkenning te bereik.  Eie ego’s glo dit kry meer soos geld, beter lewensomstandighede, ‘n beter metgesel, beter eggenoot, beter werk, beter huis, beter vakansie ens…Die ego dink dat wanneer hy dit als bereik het gaan hy innerlik gelukkig wees, maar weereens, nie vir baie lank nie…die ou ego voel van nature onvolledig.  En dan praat ek nie eens van die liefde nie…dis waar die ego uit sy kassie spring.  Ongelukkig is dit hier waar die ego die meeste wonde opdoen.  Soveel verhoudings maak seer en bring herinneringe terug…soekend uit die verlede.  En hierdie seer en verwronge liefde bring ons saam in ons toekoms in, soms so onbewustelik en selfs ons jeuglike probleme dra ons die toekoms in. Soms soek ons daardie selfde soort mense op om dieselfde gevoelens weer te ervaar.  Ek dink die slegte ervarings word meestal vermy…maar nie altyd nie.  Dink maar net, as jy as kind dalk verwerp was of nie raak gesien was nie of selfs oorbeskermd was, is dit presies die ervarings wat jy gaan voel as volwassene.

soul find

Is ons lewens dan so ingestel om maar altyd onvolledig en soekend te bly?  Wanneer jy deur die perspektief van jou eie ego lewe sal jy vind daar is iets verlore, iets om na te soek, iets net – weg…Jy sal maar vir altyd bly soek….Jou onderbewuste is juis so geprogrammeer om mense na jou aan te trek wat jou wonde gaan aktiveer, oopkrap, weer seer laat kry;  oor en oor…dis die rede vir groei in jou geestelike lewe.

Frustrerend, is dit nie!!!

Maar kom ons dink bietjie anders.  Die gevoelens ens. wat jy so herhaal en herhaal en herhaal gebeur juis dat jy moet groei en uiteindelik (nevermind hoe lank dit vat…dêmn!) kan jy genees.  Ons kan nie genees dit wat ons nie kan sien of ervaar nie, dus, dit is juis dit…jy sal nooit in der ewigheid goed kan genees wat jy nooit beleef of ervaar het nie.  Daardie einas moet juis tot die oppervlak gebring word, die sweer moet bars voordat jy dit kan genees. Daardie ongemaklike, onaangename moet vorendag kom slegs vir jou om te kan groei.

Die punt is, ons moet bo dit kan uit groei…en hoe nogal huh?  Deur jou geestelike, jou siel te laat groei.  Daardie self wat jy weet waar die waarheid gesetel is.  Daardie gedeelte wat jou waarde as mens en sielsmens en geestelike ken.  Wat die ongelooflike, bevoegde, kragtige, sterk, amazing jy te leer ken, die bril waardeur jy nou gaan kyk, die gedeelte wat God jou gemaak het om te wees.  Die Engelse weergawes praat van ‘the higher self’ en dis die sielsmens, die geestesmens is, jou algehele JY, maar groter as jy of die waarheid:  jy is ‘n siel, volmaak geskep en mooi.  Jy is genoeg, jy is belangrik, jy is so spesiaal, jy is liefde, jy is volmaak – God maak nie foute nie!

Deur al hierdie lesse leer jy wie jy is, leer jy uit watter stofasie jy gemaak is.  Wees dus dankbaar vir alles wat jou pad kruis…en indien jy al baie ervaar het, kyk waar staan jy nou…groei is ‘n proses.  En wanneer jy die liefde en ware jy gevind het, vind jy die vrede wat alle geluk te bowe gaan, en wonde teenoor ander verdwyn, dit verdwyn soos mis voor die son…en jy besef een oggend, alles is weg en jy?  Jy is gelukkig.  Daardie heartshift is wat alles laat verander het. Dan besef jy dat al daardie ‘verkeerde’ mense in jou lewe die onderwysers was in jou lewe…hulle sê mos:  When the student is ready the teacher appears. Sodra jy daardie ‘lewenslesse’ geleer het, sal jy begin besef dat jy nie meer jou eie waarde gaan bevraagteken nie.

Ongelukkig – niks inspireer ons meer om te groei as ‘n gebroke hart nie! Jou siel wil daarmee identifiseer en wil word dit wat jy werklik is.  Dis tyd om daardie vrede, liefde, waardevolheid van jou eie self op te eis en jouself te genees.

Deur jouself te vind, vind jy lewe soos dit moet wees…weet jy, jy is absoluut goed genoeg.  En boonop is jy volmaak…

EkWasHier