Almal skryf briewe oor en weer om te vertel hoe jammer hulle is oor hul egskeiding ens…maar ekke wil dit nie doen nie.  Ek wil eintlik vir die nuwe vrou in my X se lewe ‘n briefie skryf.

Liewe Die Ander Vrou

Ek hoop jy kan hom bied, dit wat ek nie kon nie en dit wat hy ook by ander vrouens gaan soek het. Nou mag hy seker die beste ding wees wat in jou lewe gekom het, en vir jou part hoop ek dit is.  Ek hoop en wens vir jou net die beste toe.

Ek hoop nie hy laat jou met verloop van tyd so alleen en onvervuld soos hy met my gedoen het nie.  Ek hoop hy laat jou by sy werk toe want ek was nooit daar toegelaat nie.  Ek hoop nie hy raak mettertyd so moody en bring eina in jou soos hy met sy gesin gedoen het nie…Ek hoop hy is so lief vir jou dat hy wel na jou sal teruggaan al het hy op jou verneuk.  Ek hoop dat sy liefde vir jou nie net op seks gebasseer is nie, maar op dit wat meer vervullend is, standvastig.

Ek hoop van harte dat hy nie met verloop van tyd vir jou gaan kwalik neem oor die liefde vir jou kinders nie.  Ek hoop dat hy nie jou tienerdogters/seuns sal verwerp omdat hy jaloers gaan raak op jou tyd saam met hulle nie.  Ek hoop hy woon dinge saam met jou by hul skool by en jy nie soos ek altyd alleen dit moes doen nie.

Ek hoop dat hy jou baie laat lag, en nie later van tyd trane en hoofpyne besorg nie  Ek hoop hy is so lief vir jou dat hy jou kielie en met jou in die reën rond speel en soen en saam lag en  selfs ure saam gesels oor die geestelike en dieper dinge in die lewe.  Ek hoop hy dien God saam met jou en nie weer net saam met die vrouens by die werk nie.  Ek wens vir jou dit toe wat ek graag wou gehad het…I let go en ek skenk dit waaraan ek vasgehou het aan jou.  Ek hoop hy los jou nie ook deur die nag soos hy met my en Helen en die ander gedoen het nie en los dit wat belangrik was sonder om enige iets te bespreek of sonder hoop nie. Ek hoop nie dat hy jou liefde naderhand net as vanselfsprekend aanvaar nie.  Ek hoop hy staan vir jou op wanneer sy susters agter jou rug skinder en selfs jou kant neem teen hulle en jou beskerm.

Ek hoop van harte dat hy jou bo alles sal bemin.  Dat hy nie jou kies omdat hy eensaam is nie.  Ek hoop jy help hom om sy eie kinders as belangrik te sien, nie net sy woorde wat dit moet spreek nie, maar sy dade.  Tans sal hy natuurlik vir jou probeer beïndruk, maar ek hoop nie jy kry in die proses seer nie.

Ek dink julle pas nogal baie goed bymekaar.  En ek gun jou die geluk. Ek hoop die keer maak hy die belofte voor God – tot die dood jul skei – (want vir my het hy gesê het hy nooit ‘n eed voor God gemaak nie) vir ewig en die keer hoop ek dis waar wat hy dan gaan spreek.  Liefde is so pragtig, so mooi, en mag jy gelukkig wees.

Ek hoop dat jy geblessed sal wees…

Met soveel liefde en deernis gun ek ‘n vol lewe vir jou…noudat ek vergewe, kan ek die pad met ‘n huppel voortsit…

Snaaks, ek voel vry…dankie vir die geleentheid dat ek ‘n brief on skryf…die lewe gaan oor keuses en my keuse en mind-shift is vergifnis…

EkWasHier