Soms, nes Facebook, word sekere ComMeNts…coMmenTs…cOmmEntS…geplaas.  Soms iets uit my eie lewe, soms iets uit ‘n ander se oogpunt, soms sommer ma’net.  En ander kere net omdat ek dit geniet…

Ek skryf want dit is ‘n stokperdjie.  Die mense om my sien ek raak, die Pikkewyne se lief-en-leed laat my dink.  Ek luister na alles en almal om my…en my grootste missie is om mense se siele (en harte) te leer ken.  Soms Blog ek oor ware ervarings in en uit my lewe, soms fiksie…maar Blog, Blog ek.

Ek Blog want ek geniet dit om te skryf.  My gunsteling verhale sal spookverhale wees, avontuur en ‘n liefdesverhaal met ‘n ‘twist-in-the-tale’.  Kyk, vir my is liefdesverhale so steriotiep!  Verander die storielyn soos bv. waar sy die arme man vang waar hy ogies maak vir haar vriendin. Nooi hom oor en sny hom op, open ‘n pasteiwinkel en maak pasteitjies van hom en wanneer jy die pasteitjie verkoop sê jy so ewe soet en sappig vir die koper:  “It’s all in the pie.” En ja, natuurlik kyk jy amusant wanneer die koper die pasteitjie ‘n happie gee.   Ja, ek lag dat die trane loop wanneer ek hieraan dink.  Stories gee die lewe soveel meer verbeelding. En die Pikkewyne se opstelle sit my of aan die slaap of ek lees met aandag…en het sover een liefdesverhaal gekry waar die liefde van sy lewe op sy skoot sterf – hartseer.  Die ander opstelle is almal of spokerig of avontuurlustig.  Hierdie jaar se opstelle is so na my hart.  Baie beskrywend en die beeldspraak is ongelooflik goed gebruik.  Soos bv.  ‘En die vuur se vlamme dans oor sy gesig.’ en ‘ek voel hoe ‘n warm asem teen my nek blaas en yskoue rillings teen my rugstring af gly.’   Dit is beslis wat ek soek.

Einstein het nie verniet gesê dat mens jou verbeelding moet gebruik nie.

einstein en skool Einstein

En met verbeelding kom jy daar…

EkWasHier