So jy sit op smeek se voorstoep…komaan, ek vra jou nou, is dit werklik nodig? Dink jy regtig iemand is werd as jy vir sy liefde moet smeek?  Moet nooit iemand smeek om jou lief te hê nie, of om by jou te wees wanneer jy iemand mis nie.  Aikôna!

Waarom iemand smeek vir hul tyd, of dalk hul aandag?  A, nee a!  Waarom nou iemand smeek om by jou te bly in tye van nood?  Waarom iemand smeek om deel van jou lewe te wees? Gits…

Kom ons neem dit nou die stappie verder.  Indien hy werklik lief vir jou is soos jy dink hy is, sou hy jou nooit gelos het nie.  Face it, girl…hy is jou trane nie werd nie.  Jy is soveel meer werd en hy kan al sy ou en nuwe skoene agterna gooi.   Moenie vir sy tyd smeek as hy nie eens sy gesig wil wys nie.  Aardetjie toggie,  dink jy hy sal jou smeek om tyd saam met hom deur te bring…ehm….nahhh!!! Moenie vir sy teenwoordigheid of liefde smeek nie, dink net, jy kan dan net sowel langs die pad met ‘n bordjie gaan staan. “Begging for love, 2 kids, no love…”  Ai, jy is so mooi soos die Roos van Saron…

Moenie smeek of vir sy liefde bedel nie, jy is besig om jouself so laag te stel…degraderend!  En nie eens te noem hoe vernederend jy gaan voel nie.  Dis eenvoudig nie die moeite werd nie, hy is dit nie werd nie.

Niemand is so waardevol dat jy vir liefde, aandag of hulp moet smeek nie…Jy is goed genoeg.  Dink net, as hierdie donker, diep duisternis nie oor jou lewe gekom het nie, sou jy beslis nie geestelik gegroei het nie.  Jy sou steeds in daardie groef gesit het.  Na al die groei het jy hom ontgroei en daar is ietsie mooier wat wag.

Groei vrou, jy is goed genoeg…

EkWasHier

NS.  Vat ‘n kans…en lewe vir ‘n slag.

 

kans waag