En so  het 8 maande van 2016 verby gesnel.  Wou mos sê, as Januarie verby is, is die jaar verby.  Maandag het die matrieks hul laaste saalopening vir die jaar gehad.  Die Gr. 11’s het ‘n ere formasie gevorm en die matrieks moes deurloop.  Dis mos waar ek ‘n traan moes weg pik.  Hierdie groep ken ek sommige van baba tyd, kleuterskool, laerskool en nou hoërskool tyd af. Dit was ‘n hartsoomblik…daarna het hulle voor die skool gaan staan en ten einde laaste Island Call gesing.  Wanneer die Pikkewyne die lied sing, vibreer die skool.  Dit word uit volle bors gesing.  Ons skool, ons trots!

Vandag was ‘n goeie blessed dag.  Ek het nie my stem verhef nie.  Was so rustig en die Pikkewyne was rustig.  Soms is dit goed dat mens rustig is, dit bring die rustigheid in ander na vore.  Tuis gekom en ‘n boodskap van my seun se juffie gekry.  In een toets het hy ‘n antwoord gegee soos:  Die antwoord is iets wat ek nie kan onthou nie.  Juffie skryf toe onder dit:  Pinterest.  Ek het so gelag.  “Technically, is ek reg, ek kan nie onthou nie.” was sy antwoord aan my.  Trane het geloop soos ek vir hom gelag het.  Soms is lag die beste medisyne.

En op die noot is dit die begin van die Rekord Eksamen vir die matrieks.  Sterkte sommer aan alle Mamas wat kids in matriek het. Hierdie  mama gaan seker haarself siek worry…lol, soos al die ander mamas ook.

Aan al die Matrikulante van 2016, mag julle geblessed wees en mag julle goed eksamen skryf en met ywer die werk aanpak.  Die toekoms lê voor en dit sal ‘n blink een wees.

Mag God met elkeen wees! Sterkte!

En vir jou my seun, bid ek net die allerbeste toe…Luv u…

EkWasHier

liefde ouerliefde