Mense wat in hul comfort zone is, stagneer vinnig.  Daar benewens sal hul sê dat jy verander het…Natuurlik het ek! Die siklusse van die lewe sluit tog groei en transformasie in.  Moenie toelaat dat die wat vasgevang in hul eie webbe is jou vasvang nie, jy is gemaak om te blom!

Ek bly vas met dit wat ek sien en sê…indien jy iets van jouself in ander raaksien gaan jy reageer.  Dan moet jy gaan stilstaan en jouself af vra wat dit is.  Soms sien jy die refleksie van jouself so duidelik in ander raak dat dit jou innerlike ontstel.  Ek sit baie middae en wonder hoekom ek soms reageer soos ek gedoen het, en meestal besef ek dat ek self die rede daartoe is.  En ja, verander sal ek…

Indien die comfort zonenie bietjie geskud en gerock word nie, sal almal so dieselfde gewees het met geen spice for life nie.  Dis goed om soms net bietjie na die bakboord te beweeg en die stuurboord effens te lig.

Wel, tyd vir uit my comfort zone weer spring en ietsie nuuts aanpak…wat sal dit wees?

EkWasHier

change the world. change yourself