Julle, ek is nogal bekommerd…mense sê dat ek my moet gedra…Act your age…maar ek weet nie hoe nie, ek was nog nooit so oud soos nou nie.  Sug, en verkies om te act na gelang van my hart.

ouderdom

En ook nie koud nie…

Nou wat stel julle voor?  Ek is al oor die halwe eeu merk…hoe sal ek nou reageer?  Nee, wie wil nou sit en brei en hekel?  Ek knit one, slip one en add weer 5 steke by.

Die lewe glip netso vinnig verby ‘n mens.  Gister vra ‘n Pikkewyn of ek al ooit dronk was…nee, nog nooit en een onnie vra toe of ek al ooit hoog was?  Nee, dit ook nie.  Dink soveel het verby my gegaan dat ek baie van die lewe gemis het.  Selfs my x het my nooit toegelaat om uitbundig te wees nie.  Dis mos nou die tyd om bietjie uit te haak…sommer baie dalk ook.  Ek weet nog net nie mooi hoe nie, maar net die tyd en geleenthede sal leer.  Nee, geen behoefte aan dronkenskap of om hoog te wees nie, miskien iets wat my laat gil dat my longe uit is soos dalk weer vir ‘n slag absail of dalk river rafting doen.  En lag dat die trane vir ‘n slag loop en huil tot ek weer lag.  Kan net pret wees.  Weer begin grappe vertel en giggel vir enige iets snaaks.

Klink na iets wat ek uitgemis het in my hele lewe…now it’s up to me om droog te maak en te begin lewe…

EkWasHier