Hierdie briefie is vir jou, jy wat dit lees.  Of jy ‘n vriendin is, of net iemand in die verby skuifel of sommer ma’net.  Ek wil dit sommer ma’net skryf.

Elkeen in hierdie geharwar en gejaagdheid van die lewe kom soms op ‘n punt waar hy/sy die moeilike in die lewe ervaar.  Swaarkry sommer sonder dat jy daarvoor gevra het.  Die lewe is beslis nie maklik nie.

Nou ‘n klontjie in die kies, iets om oor na te dink:

  •  Het jy geweet dat diegene wat die sterkste aan die anderkant uitkom soms die mees sensitiefste is en soms ook die empaat is?
  • Het jy geweet dat die een wat die meeste goedhartigheid en soms liefdadig optree dalk die meeste mishandelinge in die lewe ervaar het?
  • Het jy geweet dat die wat omsien na ander en liefde gee soms dit die nodigste het, daarom deel hulle dit uit…
  • Het jy geweet dat die drie moeilikste frases in die lewe die volgende is:  Ek het jou lief; Ek is jammer en Help my asb.?
  • Soms sien jy iemand se pragtige glimlag en jy glimlag dalk nie terug nie, of jy doen…Soms is dit so nodig om net verby daardie persoon se pragtige glimlag te kyk om die pyn daar agter raak te sien. Agter die mooiste glimlag skuil soms baie hartseer.

goodbye most painful.jpg

Aan almal wat probleme ervaar – waarom begin ons nie ‘n stortvloed gebede, blessings wat so opsetlik en sommer so aspris is nie…??  Positiewe denke en  opregde bedoelinge soos onmiddellik…

My stortvloed sal blessings en gebede wees van gesondheid, positiewe werksaanvaardinge, bekommerisse van enige aard wat te bowe gekom sal word, familie probleme wat oorkom sal word.  Niemand is immuun teen enige omstandigheid nie.

Ek dink tog, om met Infinite Spirit, die Allerhoogste God te kommunikeer – op jou eie wyse – brings soms die gemoedsrus.  En vandag, wanneer iemand liefde, gebed, vertroosting nodig het, ek dra jou op…

EkWasHier

NS.  ~ When people hurt you over and over, think of them as sandpaper.
They scratch and hurt you… but later, you’ll be shining and polished ..while they end up useless.~