Iemand het eens op ‘n tyd gesê:  Ek hou van jou Christus, maar nie van jou Christenskap nie. Soms wil ek daarmee saam stem.

Wanneer mens sê dat hul ‘n Christen is, kyk mense juis wat hul aanvang.  Die optrede van die Christen verskil hemelsbreed van ander gelowe, dog die dogma amper dieselfde is.  Alle gelowe glo aan liefde, vrede, nie doodslaan nie, ens…ens…

Wanneer jy lief is vir Infinite Spirit en Jesus, waarom dan omdraai en in geselskap vloek, of drink, of skinder?  Daarby, vind die vrede eerder in Hom, dis soveel meer waardevol.  Ek wonder hoeveel mense sal regtig vir Jesus sterf?

Ek leef nie volgens ‘n geloof nie, maar eerder geestelik, I’m living spiritual en het ‘n gesprek met Infinite Spirit all the time.  Die woord Infinite Spirit is om al die woorde van die Gees ineen te neem – Almagtige, Alomteenwoordige, Ewige, en so kan ek aangaan.  Dis my rede vir die gebruik van die naam Infinite want Sy Gees sal altyd wees.  Sover moontlik probeer ek leef wat goed en reg is.  Dis moeilik maar probeer is beslis iets om te doen.  Hy moet in die sagtheid van jou kamer vorendag kom, en Hy moet in die rustigheid van jou kamer voorkom, in die gesprekke met jou kollegas en vriende/inne.  Hoe jy die armes voed. Hoe jy met kinders en volwassenes en ou mense werk.

Amerikaanse president, Abraham Lincoln, het gesê:  EK HOU NIE VAN DAARDIE PERSOON NIE.  EK MOET HOM LEER KEN.  Wat ‘n man, wat ‘n uitlating!  Miskien moet ons soos Lincoln wees en diegene wie ons nie van hou nie, beter leer ken.  Wonder of ons of die wêreld om ons sal verander?

Sommer net so ‘n klontjie wat in my kies was…

EkWasHier