Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n maer man hê?

Nee Mama nee…’n maer’e man dit soek ek nie, want koud slaap dit soek ek nie…


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n atleties geboude man hê?

Nee Mama nee…’n atletiese man dit soek ek nie, want heeltyd voor die spieël dit soek ek nie…


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n boepie  man hê?

Nee Mama nee…’n boepie man dit soek ek nie, want ‘n ingeslukte rugbybal dit soek ek nie…


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n lang man hê?

Nee Mama nee…’n langee man dit soek ek nie, want om te vra hoe dit voel daar bo..???


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n kort man hê?

Nee Mama nee…’n korte man dit soek ek nie, want afkyk na hom dit wil ek nie…


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n bebaarde man hê?

Nee Mama nee…’n bebaarde man dit soek ek nie, want ‘n stem in die bos dit soek ek nie…


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n jong man hê?

Nee Mama nee…’n jonge man dit soek ek nie, want hom grootmaak wil ek nie…


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n ou man hê?

Nee Mama nee…’n oue man dit soek ek nie, want vroeg gaan slaap dit soek ek nie…


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, wil jy dan ‘n getroude man hê?

Nee Mama nee…’n getroude man dit soek ek nie, want sy vrou seermaak dit sal ek nie…


 

NOU MY KIND…WAT DE HEL SOEK JY?!?  LYK MY JY’S VOL FIEMIES, VOL STROOI EN GEEN JAM EN KONFYT VIR JOU OOIT NIE!  EK GEE OP!!!


Mama, ek wil ‘n man hê…

Watse man my liewe kind, VERTEL MY DAN?  (SUG…SUG…EN WEEREENS SUG…)

Mama, ek soek iemand wat my verstaan, lief sal wees vir my, in my oë alleenlik wil kyk, net aan my wil raak, my wil bederf, my as vrou wil hê.  Ek sal groterig van lyf verkies, maar  die uiterlike maak nie saak nie.  Ek wil lag, ek wil gelukkig wees…

AI, MY KIND!!! Waarom nie van die begin af so gesê nie?

Want, Mama, mense oordeel as jy so vol fiemies is, en net vir daardie één wag wat die vlinders in jou maag sal plaas…wat die gesprekke sal voer tot laat aande…Mama, waar kry jy hom?

My kind, in die hemele het God klaar uitgewerk wie die één sal wees met wie jy jou Herfsjare sal deurbring.  Tot dan, oppi rak sal jy bly tot Mr. Right jou paadjie kruis.


Dan Mama…♫♪…dit is my plesier met die wete dat God die lewe bestuur…♪♫♪…


Tot dan sal ek wag, want rondval is nie vir my…dis miskien ander se pret en plesier…maar nie myne nie.  Ek weet alles gebeur met ‘n rede, alles met ‘n lewensdoel…en ek weet, ek is gemaak vir my Soul Mate…wat in tyd sy opdaging sal maak…om die laaste lewensjare te voltooi…

Woorde wik…God beskik…

EkWasHier