Sedert hierdie rekordeksamen begin het, het ek ‘n seer bors, hoes af en toe, laringitis, en voel net goor.  Saterdag was ek dokter toe, en jou wrintiewaar – Brongitis.  Het medisyne ontvang, en nog geen verbetering nie.

Ek dink dis omdat ek meer oor die eksamen stress as my kind.  Hy verbeel hom hy is Einstein.  Wat hy nie weet nie, is dat hy wel – indien hy nie volgende jaar gaan swot nie – vir hom maar ‘n werkie moet gaan soek.  Rekenaars en IT is iets waarin hy belangstel.  Miskien moet hy maar programme en games ontwerp.

Interessant hoe ma’s meer stress as die kinders.  Miskien omdat ons presies sien wat vorentoe vir hulle lê…soos my ma gesien het waarheen ek op pad was.  Ek het seker ook maar slap laat lê op skool maar het ten minste my eie studies betaal nadat ek begin werk het.  Ek het wel ‘n beurs gehad vir onderwys en daarna het ek self betaal.  Nogal my Honns. met lof geslaag.  Miskien wanneer jy vir jou eie studies betaal, dan kom die verantwoordelikheid.

Vir elke mama wat haar siek stress, sterkte met die eksamens.  Ek weet presies hoe julle voel en dink ons knieë gaan eelte hê na die eindeksamen.

EkWasHier