Ek kom nou net uit die hospitaal uit. Ek was so ernstig beseer en so in skok, dit was ‘n erge traumatiese ervaring gewees.
Sien, ek het mos besluit om perd te gaan ry.  By die plek gekom, kies ek toe ‘n baie mooi enetjie uit, so ‘n ligte bruin een.  Ek klim toe op en die perd begin eers loop, toe op ‘n drafstappie.  Later begin hierdie perd volspoed hardloop.  Ek trek die teuels, maar die perd beweeg al hoe vinniger.  Ek raak toe baie benoud.
Dis toe ek van die perd afval – skoon winduit!
Ek begin skreeu en skreeu, maar die dekselse perd stop eenvoudig net nie.  Die perd beweeg net al in die rondte, al in die rondte en my voet bly vas in die stiebeuel.  Ek is naderhand histeries!
Daar was mense wat probeer help het, maar in my angsaanval met hierdie wilde perd, het hulle net gestaan en toe kyk.
Dis toe die bestuurder van die plek deur sy venstertjie vir my kyk.  Hy storm toe amper die deur uit die koesyne uit.  Hy was so vet, mense het gelag toe hulle sien hoe sy vet dril soos hy hardloop.  Ek het regtig nie om gegee nie…hy was my held om my te kom help.  Die perd sal seker bedaar as hy daar kom.
Die vet man kom hygend tot stilstand.  Pluk die prop uit die muur uit en dis toe die perdjie bedaar.
Dis was baie traumaties en ek sal NIE+weer gaan perdjie ry in Fantasia-vermaaklikheidsentrum NIE!!!  Ek sal die dag nooit vergeet nie.  Ek moes in die hospitaal gaan aansterk en is nou op anti-depressante a.g.v. die traumatiese ervaring.  Ek vermy die plek soos die graf…
EkWasHier
perdjie kids.jpg