Twee en sestig…62…twee-en-sestig jaar, dis ‘n flippen leeftyd sê ek jou.  My ma en pa is vandag twee en sestig jaar getroud.  My pa begin al bietjie aan Altzheimers lei en my ma bewe al letterlik…Vandag se mense wil nie meer hul stukkende huwelike herstel nie en hardloop die wye wêreld in, net om agter te kom dat lewenslesse net moeiliker raak…

Vandag vra my mama juis hoe my eksperimentering met die roompies werk, ek vra toe wat sy van my vel dink, wel, my mama gaan my room probeer…op 80!  Dink net as dit met haar gaan werk en al haar plooitjies versag. Ek vra toe ‘Why?’  Sal sy nie vir my vertel dat sy onnodige plooie het nie – omdat sy so maer is.  Goed, ek sal ‘n spesiale pot net vir haar aanmaak, en sommer olies ook vir haar vel.  My ma het ‘n baie mooi spierwit vel soos Sneeuwitjie…my dogter aard na haar met die Sneeuwitjie velle.

Ons het gebraai  en poeding geëet…daarna huis toe, want sussie moet tuis wees voordat haar pa vertrek.  M is ook saam en nou is dit ek en my Blog.  Dis baie stil en baie rustig hier, gras en blommetjies natgespuit.  Môre kom Sipho, moet die tuin regkry vir Donderdag se matriekafskeid…foto’s in die tuintjie…

Wel, so kom nog ‘n daggie tot ‘n einde…hoop my ouers maak 63 jaar…Klink ‘n glasie saam met ons op hul herdenking…Infinite Spirit se blessings is oor hulle…

EkWasHier…