MAAR HET JY DAN NIE VERGEET DAT DIT NIE JOU SKULD IS NIE…DIS MOS ALTYD ‘N ANDER SE SKULD…

My seun gee my altyd die skuld tot as die kat kleintjies kry…maar ek is ‘n mama, ek kan dit hanteer.  Ek as enkelmama kan nie goed eksternaliseer as enige iets verkeerd gaan nie.  Ek moet dit kan hanteer.  Dink bietjie so:  seriously,   wat is die odds dat wanneer ek en hy elke keer in elke misverstand gehad het, net ek reg is…??  Dis onmoontlik, en hy het dit vir my geleer…dan is ek egosentries…tyd vir nog ‘n ommeswaai in my lewe…ek is nie altyd reg nie, en ek is ‘n mens met baie foute…

Ek is dan selfgesentreerd wanneer ek altyd sieker as ander is, of dalk ‘n moeiliker dag gehad het, of dalk net meer probleme gehad het…of meer vyande…ugh..soek dit nie…vyande, ek is nie ‘n politikus vir vyande nie…Ek is ‘n Gifangeltjie wanneer ek negatief staan en heeltyd kla…en nee, ek haat nie my werk nie, ek het nie ‘n kêreld in my lewe nie, my ma pla my nie en ek het jare laas die geleentheid gehad om met vakansie te gaan…fyn, stop dit om negatief te wees…daar is soveel mooi dinge rondom jou…om ‘n lugbesoedelaar te wees met ‘n monoloog oor jou moeilike lewe maak van jou ‘n Gifangeltjie…ek verkies die positiewe in die lewe…

Hehe, ja ek wil giggel… die bottom line van alles is…ons lewens is nie ‘n soapie nie en om ons speelgoed uit die wiegie te gooi is beslis ‘n drama op sy eie…as jy dan so verveeld is, kry ‘n stokperdjie…

Ergste is, sê nou net WIL VEEL EERDER REG WEES AS GELUKKIG???  Daar’s ‘n groot verskil tussen die twee.  Deesdae voel ek ‘n veer of ek nou reg of verkeerd is (behalwe as dit by my beroepskennis kom) Ek lag so want deesdae rol ek my oë vir my kind en loop maar weg…hy is nou op die ‘ek is reg’ fase…sug…en eintlik baat dit niemand nie…

Gits, sê nou net ons gee komplimente wat sarkasties is…Oe, ek hou van jou hare, dit laat jou so maer lyk…gee ‘n kompliment uit jou hart…nie om ander te beïndruk nie…

En een van die grootste Gifangeltjies is, is wanneer jy agter iemand se rug iets gaan vertel wat jy nie bereid is om voor hulle te sê nie…met die woorde:  moenie sê dis ek wat dit gesê het nie…dit is die merk van ‘n onvolwasse persoon…’n Merkwaardige persoon sal veel eerder iets reguit vir iemand sê en dinge bespreek as agter sy rug…En indien iemand plesier daaruit put om ‘n ander seer te maak deur agter hul rûe te skinder, beskik Gifangeltjies nie oor diplomatiese vaardigheide nie…vriende maak vriende nie seer nie…

Deur te besluit om veel eerder die mantel van Gifangeltjie af te gooi en ‘n mens van integriteit te word, maak van jou dan ‘n beter mens en vir so iemand het ek die wêreld se respek…

Liewers droë beskuit en baie liefde as Gifangetjies en ‘n bord vol smullekker kos…

EkWasHier

a7.jpg