Nog ‘n gedeelte in my lewe, nog ‘n era, nog ‘n gedeelte van die geskiedenis is afgehandel en ‘n nuwe lewe begin…Einstein se woorde het nou al vir ‘n geruime tyd op my hart gedruk…en ek sal dit graag wil aanhaal:

Try not to become a man of success, but rather try to become a man of value. Albert Einstein

The true sign of intelligence is not knowledge but imagination. Albert Einstein

Education is what remains after one has forgotten what one has learned in school. Albert Einstein

Image result for einstein quotes school

Vir my is Einstein se quotes ongelooflik waardevol…en soms onderskat ons, ons kinders (en ek my leerders).  Verbeelding het so verdwyn met die IT era…ek dink my seun, buiten dat hy so besig is met games speel, sy eie speletjies ontwerp ens., het hy my verbeelding geërf.  Ek lag so wanneer hy ‘n speletjie probeer ontwerp wat my laat skrik want ek skrik nie maklik nie.  Dis interessant hoe hy goed google wat my interesseer – alles gebasseer op die onmoontlike en selfs quantum fisika…iets waarin die mens nie eintlik belangstel nie.

So het my seun nou matriek bereik…wanneer ek so na die matrieks kyk, sien ek soveel potensiaal in hulle raak…Einstein is tog reg…wat hulle met hul lewens hierna gaan maak, is:

The important thing is not to stop questioning. Curiosity has its own reason for existing.
Anyone who has never made a mistake has never tried anything new.
My seun, mag jy die grootmens wêreld betree met soveel nuuskierigheid en mag jou ‘shadowing’ vir ‘n beroepskeuse jou soveel nuuskierigheid besorg.  Ek weet jy sal ‘n sukses maak van dit wat jy gaan doen.  Ek het jou frustrasie beleef op skool, jou denkwyse wat geen onderwyser opgemerk het nie, hier en daar een wat wel jou potensiaal raakgesien het en die wat jou wel gemotiveer het…en vir hulle is ek dankbaar.  Gelukkig ken ek die M wat soveel verbeelding het, soveel diepte in ander mense ook raaksien, die een wat min praat, die persoon wat baie lewenswysheid opgedoen het.
Vir jou my kind…sukses is my blessing wat ek oor jou uitspreek…wat mense dalk nie in jou raakgesien het nie, sien ek in jou raak…en mag jy ook die vrede en geluk, sukses en voorspoed en abundance vind wat vir jou beskore is…ek is baie lief vir jou…niemand sal die voetspore kan volstaan in my hart wat jy volstaan nie…(buiten jou sussie wat ook soveel pragtige voetspoortjies gelaat het…) Ander sal nog voetspore in my hart laat…maar julle twee se voetspore is verguld in my hart…
Luv u
EkWasHier