Ek kuier vanmiddag saam met my pragtige dogter en haar vriend…maar ek wil julle vertel van my dogter A en haar vriend, T.  Maar voor dit, sit ons en gesels en een van my oud leerders kom groet my.  Soveel jaar het al verloop en hy groet steeds.  Al bykans 30…die twee manne groet mekaar…vroeër ook ‘n mama ontmoet wie se kids al onderskeidelik 38, 37 en 35 is.  Ja, ek het jare gelede skoolgehou en toe vir ‘n ruk opgehou toe my seun ‘n baba was…dis so lekker om weer die ou gesigte te sien…soms herken ek hulle nie, maar hulle onthou my.

Terug by A en T…Ek het vir T in Gr. 4 skoolgehou  in 1999 en dit was ook die jaar toe ek bedank het.  T het mos vir my vertel hy gaan A se kêrel eendag wees.  A was toe maar so 3 jaar oud en hy al 10 of so.  Oor my dooie liggaam…maar so het die tyd aangestap.  Ek het weer by die skool afgelos by Gr 7 toe my dogtertjie Graad 1 toe is.  Hy was toe in Gr. 7.  Steeds het hy gedink my blondekop dogtertjie is net die een vir hom, en steeds het ek gedink hy is gans te oud.

Wel, so het die jare aangestap, T het my op FB gekry en natuurlik my dogter genooi as vriend.  Hmmm…dis toe die twee mos begin gesels.  Later het sy van hom begin hou en ek het gedink:  Die arme man…A gaan met hom speel…maar so het dit gebeur dat hulle verlief raak, en nou gaan hulle uit.

Wanneer ek sien hoe sy vir hom kyk, sien ek hoe liefde uit haar oë straal.  Kyk, ek hou my vleismes gereed – breek my dogter se hart en jy breek myne.  (giggel ek nou vir myself)  Om die eerlike waarheid te sê, dink ek dat die twee nogal mooi pas.  Hy kyk mooi na haar.  Indien Infinite Spirit, Almagtige bo alles, dit so beplan het dat die twee die res van hul lewens saam spandeer, sal dit wel my toestemming weg dra.  Die sagtheid in beide se oë spreek van liefde…die liefde is mooi, dis soos dit moet wees.  My dogter straal en as sy gelukkig is, is ek gelukkig…

Mag jul liefde wees soos Elizabeth B Browning se gedig:

How Do I Love Thee? (Sonnet 43)

How do I love thee? Let me count the ways.
I love thee to the depth and breadth and height
My soul can reach, when feeling out of sight
For the ends of being and ideal grace.
I love thee to the level of every day’s
Most quiet need, by sun and candle-light.
I love thee freely, as men strive for right.
I love thee purely, as they turn from praise.
I love thee with the passion put to use
In my old griefs, and with my childhood’s faith.
I love thee with a love I seemed to lose
With my lost saints. I love thee with the breath,
Smiles, tears, of all my life; and, if God choose,
I shall but love thee better after death.


My liefste kind, mag blessing op blessing jou volg, mag jy gelukkig wees en mag daar altyd ‘n glimlag om jou mondhoeke vorm.  Ek is trots op jou, jou skoonheid sal altyd vir my voortduur, want jou hart is mooi en jy, my kind, ‘n skoonheid.

Ek is lief vir jou…van nou tot in ewigheid.

Liefde Mama

EkWasHier