Verbeelding??  Waar is ons kinders se verbeelding heen??  Maak ons, soos oom Einstein gestel het, ‘n nasie groot wat soos zombies gaan wees?  Of is hulle al?

Ek wil die Pikkewyne so onbewustelik (of is dit bewustelik) voorberei vir skryfstukke en gooi teorieë na hul kant toe…sommige Pikkies is so vasgevang in ‘n web dat hulle nie fiksie verstaan nie.

So verdwyn ons feëverhale, ons elfies en dwergies, die prinsesse wat hul prinse vind en net een soen is genoeg…so verdwyn sprokiesverhale en sprokieswoude met sprokiesdiertjies wat kan praat…

Een Poppelop het nogal ‘n oulike reaksie gehad…terwyl sy uitstap om haar boek te gaan haal, sê ek so ewe…’haai, kyk daar’s ‘n feetjie’  Sy stop in haar spore en kyk by die deur uit na die bome toe, en vra…’waar…waar??’ Ag, die reaksie was so goed, en lag was ‘n goeie antwoord ook.

Moet ons die mooi en die ongekunsteldheid uit die lewe van ons kinders haal en vervang met tegnologie?  Moet ons die prag van ervaring en verbeelding verlore laat gaan?  I don’t think so…

Tyd vir feeverhale terug bring, tyd om sprokieswoude te laat herleef en tyd om weer verhale aan ons kinders te vertel…

Of hoe??

EkWasHierfeetjie-dust