Vanaand voel ek sommer doodmoeg…matrieks se eindeksamen is voor die deur en ek wens dat ek M se papa se samewerking gehad het met die mooi seun wat hy het. Soms is enkelouer baie moeilik, maar ek haal my hoed af vir alle enkelmama’s… 
Mag elke enkelmama gebless word vir hulle liefde vir hulle kinders. Ek weet hoe moeilik dit is om 2 kiddies groot te maak…my liefde vir hulle is onmeetbaar en sal hulle nie ruil vir enige iets in die wêreld nie. Ek hoop my kids weet hoe lief ek hulle het, ek sal tot my lewe vir hulle opoffer as ek moet.   Daar bestaan geeen twyfel om dit nie…enige moeder, so dink ek, sal dit doen…
Soms dink ek dit ‘n lewensles is wat ek moes baasraak voordat ek my lewe verder kon aanpak…soms wonder ek of God my die pad laat loop omdat hy my as inner;ik sterk sien…soms wonder ek of ek so innerlik sterk is…net Hy sal weet, want soms sit ek by Sy voete en huil my hart uit waar niemand my kan sien nie…en wanneer my kind my so sien, dan sien ek hy begin stil raak….en dis nie reg nie…’n tiener moet sy lewe kan leef…dus doen ek maar alles saans, wanneer dit net ek en God is…en net Hy my gedagtes kan hoor…my trane wat net God kan afvee…
Die week het die TV en rekenaar probleme begin gee a.g.v. powersurge en dis so moeilik…die assuransie moet mense uitstuur om dit te vervang en mens wag en wag…M se werk moet klaar.  Vandag wou my laptop nie charge nie a.g.v. iemand wat die charger se port iets aan gedoen het…miskien het my huiswerker die laptop laat val…en nog ‘n issue…ek worry oor M omdat sy RTV en IT moet klaar en die rekenaar en laptop is stukkend.  Jaag ek toe na Matrix en R500 later is die port terug, en vas met superglue…gelukkig het ek gesien hoe doen die tegnikus die herstelwerk…volgende keer gaan ek self die laptop uitmekaar haal en dieselfde werk verrig.
Wat sal ‘n mama nie vir haar kids doen nie…liefde is al wat ‘n ma in haar hart het.  My kids besit die punt van my hart en ek gee alles.  Selfs die Pikkewynbe by die skool is deel van my kroos…
Liefde kos niks, en ek gee my alles…
EkWasHier
motherhood.jpg