oktobermaand-gedigsonneblomme

Dit is die maand Oktober

Die mooiste, mooiste maand…so besig C Louis Leipoldt die mooiste maand…dis die maand wat ek beskou waar alles mooi en nuut en vars moet voortspruit…

Nou waarom is baie so moody en ongeskik teenoor ander? Waarom ‘agro’?  Luister Poppie, gaan sit ‘n bietjie en raai wat…die son het nie gaan sak nie. Die son draai nie om jou nie… oe eh eh, sarkasme en agterafheid is nou sommer aan die orde van die dag…draai liewers stadig om en loop weg, moenie dat mense die trane van teleurstelling in jou opmerk nie…

Vandag na alle stories om my gesit en luister, soveel gesprekke, soveel praatjies…en die een wil die ander met ‘n soete glimlag uitmekaar torring, botter smelt beslis nie sommige se monde nie, raak veel eerder ‘n dik stuk vet wat vasklou aan die verhemelte…net om die kollig op hulself te kan kry.  Hehe, die kollig is net ‘n oomblik; van korte duur…Sien hul dan nie die mooiheid in ander raak en probeer dit eerder ontwikkel nie?

Sal ‘n glimlag nie dalk beter gewees het as die aanval nie? Soms keer ‘n glimlag of iets moois die grimmigheid af as om dadelik iemand aan te val net omdat hul ongelukkig is.  Ek is gelukkig binne my, en wil nie ongelukkig gemaak word deur ander se ongelukkighede nie.  Ja ek kan kla, veral nou dat my TV en M se rekenaar deur al die kragonderbrekings ingegee het…ek kan kla oor baie goed, maar verkies om myself positief in te stel…

Ons het juis ‘n ‘lagterapie’ sessie gehadi.p.v. ‘n vergadering, en ek moet sê, ek het baat gevind daarby… en vandag juis vir myself gelag…eers skiet my ehm…onderklere se vasmaakknippie los, toe rek die bloes wawyd oop – ‘n lang matnaald werk toe nie so mooi nie… en gelukkig mag ek huis toe gaan om ander klere aan te trek.  Net toe ek motor toe loop trek my skoen deur die lug soos die streppie bo-oor my voet los skeur, en die swart werkers wat agter my geloop het, bars uit van die lag…dis toe ek ook lag en skoene uit skop en motor toe loop en kaalvoet bestuur…Lag?  My seun kan my laat lag dat my asem wegraak en hy my beveel om net asem te haal…ek lag so dat ek skoon uitasem is…dis hoe die lewe hoort te wees…lag en vrede…

Nou ja, Oktober bly vir my een van die mooiste maande, en alles word grasgroen en ons wag vir die reën…die voëltjies tjirp soggens en saans van pure lewenslustigheid…

Dankie vir genade en nuwe dae, nuwe lewe wat met die Lente bespeur word…ongeloofike blessings wat voortspruit…’n ou glimlaggie is beslis meer werd as ‘n duisend kreune en steune…

EkWasHier

laughter