Drup…drup…drup…die einste gedrup gaan my nog mal maak…ek hou nie daarvan as ‘n kraan drup nie.  Tyd om die ou bobbejaanmoersleutel te gaan uithaal – spanner klink soveel beter as moersleutel.  Ek verstaan waar kom die woord moersleutel vandaan, dis om die moere reg te…ag jy weet!  Ek draai die waterkraan mooi styf toe en M gaan bad, daarna besluit ek om te gaan stort.  Al die water moet immers goed opgebruik wees.  Niks water in die stort nie…geen water in die krane nie…MOOI!  Operasie moersleutel en kraan, hier kom ek! Draai krane oop, geen water…drup…drup…drup…net.  Toe ek die kraan mooi los het by die muur, stroom die regterkantste water uit.  Nogal waar die koue water is…maar nee!!!  Dit stroom en ek sit die prop vinnig in die bad…dit stroom nie koue water nie, nee, dis dekselse kokende water…vinnig draai ek die washers, goed…goed…ringe om, want hulle makeer niks nie…en wag maar vir die bad om vol kokende water te tap.  Uitendelik stop die water en ek sit die krane terug.   Bad vol water, en gooi bietjie ys by, nee ek is ernstig…koel effens die water af en besluit om maar te bad!  Krane is reg en lekker warm bad geneem…

Die windjie begin toe ‘n paar draai gooi en roer die gordyne effens.  Die varsheid van die lug bring ‘n lafenis.  Skielik volg die gedreun en woedend ruk die kwaai wind die gordyne heen en weer en ek hoor hoe die wind die ‘bushalte’ heen en weer ruk.  ‘Oppi Deck’ se gordyne ruk ook heen-en-weer en dis toe ekke dink:  Tyd vir Captain America…aaaggg, ek bedoel Mama EkWasHier om bietjie die ‘bushalte’ te gaan stut.  Stap uit, en is vinnig terug, opsoek na die flitsie.  Ai, toggie tog!!  Batterye waar is julle…so sit ek die klein batterytjies een vir een  in die houertjie in.  Uiteindelik is die flitsie reg en ek strompel die donkerte in.  Hier en daar (meer hier as daar) plons groot druppels op my neer.  Ek kom by die ‘bushalte’ gryp een van die Tuscon se motorbande wat as sitplek dien en druk dit styf agter die rugkant van die ‘bushalte’ in en gryp nog ‘n band…mooi, nou is beide kante mooi gerugsteun.  Bekyk my handewerk aan dié kant en toe aan daardie kant.  ‘Purrrrfect!!!’ dink ek so en draai om en stap terug huis toe.

Baie produktiewe middag en aandjie gehad…vanaand slaap ek rustig, geen gedrup-drup in my ore nie en die gras is effens nat.

Ek is werklik dankbaar vir elke druppeltjie reën wat elke grassprietjie en blommetjie kom nat maak…die reuk van die reën is so welkom en verfrissend.  Dit is die teken dat nuwe lewe voortspruit uit elke reëndruppel wat op die Aarde neer plof…Dankie, dankie, dankie…

EkWasHier

rain.jpg