Frustrasie op die stasie, die fluitjie willie blasie…die keer is dit my selfoon…ek sit sonder ‘n selfoon.  Ek het die foon ingeneem, net om te hoor die charging port is stukkend.  R280 later en dis reg, die ou wil nog sê die battery ook, maar ek weier, die battery makeer niks.  Ek het ‘n foon by vriendin geleen, die man beweer toe dat die selfoon out of date is en hy stel voor dat hy die foon nuwe software nodig het.

Tuisgekom en vra my seun om asb die foon se software te update…een twee drie…en die foon word nou upgedate.  So binne ‘n dag of 2 sal die foon updated wees en dan sal ek weer lekker kan gesels.  My ou BlackBerrie’tjie is besig om in te gee…en ek luv die foontjie juis so baie.

Gee ‘n foon net vir die jonger geslag en alles val in plek.  Dankie M en A…Mama het geen kennis van hierdie tipe tegnologie nie.  Ek hou my veel eerder by my lees.

EkWasHier