Vandag gee ‘n Pikkewyn vir my ‘n boek met 26 items in en vra ek moet dit proeflees. Ek neem die boek en sê ek sal een deeglik proeflees, ek sien hy kyk na my met ‘n ver kyk in sy oë…later maak ek die boekie oop en begin lees. Ek kon nie neersit nie…daar is soveel goed wat hy na uitroep, ‘n kreet om hulp en tog is die gediggies so, maar so mooi. Dit handel oor boelies, Suid-Afrika, skool, huis ens…nou verstaan ek waarom hy dit vir my gegee het.
Hy noem dat mense net bemoeienis wil maak met die ‘cool’ kids…en ek stem saam met hom. Mense wil nie bemoeienis maak met die moeiliker gedeelte van die lewe nie, wil alles net maklik ervaar. Wil net ‘in’ wees en wil net uitstaan…en wat van die een wat nie sportief is nie? Wat van die een wat nie gewild of aanvaar word oor die algemeen nie, die één wat net smag om raakgesien te word. Hoe breek my hart nie vir daardie enetjie nie…
 
Wie is ons, as mens, as onderwyser, as opvoeder, OM NIE TE WIL PA/MA STAAN vir die hulp krete na buite nie? Ek weet ek het werk wat voorlê met hierdie saggeaarde Pikkewyn wat so smag om net raakgesien te word. Ek moet bylas dat sy gedigte kort en kragtig is. Niks uitgerek of temerig nie…tog soveel van sy siel daarin gesit. Jy my Pikkie, jy gaan nog eendag die een wees wat sukses gaan bereik, jy gaan die een wees wat die volheid van die lewe sal waardeer en goed aan ander sal doen. 
Jy het soveel goedheid in jou jou, soveel deernis vir mense en die manier hoe jy met ander praat, kan ek sien, jy het ietsie in jou wat hierdie wêreld gaan verryk…moenie ophou nie, jy is besonders en jy staan al klaar uit bo die res…skwl8.jpg
Ek glo in jou…
JuffieWasHier