Jinne, so het ‘n skoolloopbaan van 12 jaar gevlieg.  Laerskool was redelik stadig dog goeie jare, maar hoërskool het absoluut verby gevlieg – vir my.  My seun sal natuurlik sê hy is dankbaar dis verby, net om later terug te verlang na die ‘goeie ou dae’.  (dit hoor ek gereeld van oud-leerders)

Ek wil graag hiermee van die geleentheid gebruik maak om diegene te bedank wat met M bemoeienis gemaak het, wat werklik soveel ingesit het en hom leer ken het vir wie hy is.  So min mense is bereid om ander werklik te leer ken en sodra mens dit doen, leer mens ‘n ander sy ken. My kind, ek is trots op jou, ek is oneindig lief vir jou, en ek weet jy gaan eendag dit nog ver bring.  Jy het die seer in die lewe ervaar.  Jy het die moeilike in die lewe ervaar, jy het gesien hoe ander swaarkry, selfs hoe jy self swaargekry het.

Jy wat my rots is, jy wat my anker en die rede is vir my voortbestaan…ek  w

eet jy sal die een wees wat eendag ‘n goeie papa vir jou kinders sal wees, en ‘n besonderse man vir jou vrou.

Ek glo in jou my seun…mag jy ‘n geblessed eksamen binnegaan…

Luv u…

EkWasHier