En so jaag Faceboek my deur die verlede en ek kom op hierdie een af…en steeds het maar hierdie uitkyk op die lewe oor mans.  Ek het so lekker gelag en tussen die merkery deur het ek besluit om bietjie te ontsnap en bietjie lag en wonder in die lewe te plaas…

Toe…toe…toe…is jy ‘n man of ‘n muis…???

Daar is vele fasette van mans en elkeen kom in alle dele van die lewe voor. Kyk bietjie in watter kategorie jy dalk sal val…

Die lafaard: Wek gevoelens op en hardloop weg.  Vertel hoe pragtig jy is, hoe jy die enigste een is en intussen sit hy met nog ‘n poppie op die kantlyn…shame arme ding…

Die Edelman: Die gentleman maar het issues…en is so ingesteld op homself…

Die vaderfiguur: Vrouens sien hom as hul pa en soek net versorging

Die rokjagter: Wil jou aan sy sy hê, maar jaag ook ander vrouens na, het ‘n dwalende oog, en op elke dorp ‘n poppie om hom besig te hou.

Die grootprater: Hou van praat oor alles wat hy vermag het, maar geluk ontwyk om gereeld…liefde is van korte duur.  En indien hy iemand vind, moet sy die minderwaardige ene wees.  Arme vrou, hy sal nooit haar die mooie gun nie, want grootbek, dis hy.

Die jaagduiwel: Jaag om alles af te handel in die lewe en jaag verby die lewe.

Die terggees: hou van grappies maak maar nooit ernstig nie.

Die manipuleerder: Alles sy manier of jy is die een wat moet toegee nie.  Alles draai slegs om hom.

Die agterbakse een: Voor jou die ene voorgee en agter is jy als wat sleg is.

Die held: Hou beloftes, werk aan dit wat belangrik tussen tussen hom en sy geliefde is, gun mekaar tyd saam, asook alleen tyd, en hy wil deel van haar lewe wees.  Hy sal beslis berge wil verskuif en sal moeite doen om te bel, blomme te stuur en selfs onverwags te kuier. En so toets ekke ook maar die man…

Waar pas jy in? Dieselfde kan van die vrouegeslag gesê word, maar ander woorde sal ingevoeg word. Ek weet vir ‘n feit ek is die een wat beslis by haar man sal staan, maar verwag dat hy my ook sal respekteer soos ek hom en ons elke dag die lewe met nuwe uitdagings aanpak. Ek weet vir ‘n feit ek sal ‘n aanwins wees vir die regte man, regte tyd, regte omstandighede en van nou af sal ek my as waardevol beskou…

Eintlik is dit waar, die lewe gaan oor gee en neem, nie net neem en vat en vat en neem nie.  Wees lief vir jou sielsgenoot…eendag sal ek ene vind en ek sal hom behandel soos wat hy behandel moet word…

EkWasHier

men-and-excuses