What’s on my mind?  Wil jy regtig weet of is jy net nuuskierig?  Ek sal meer aan die positiewe dink dan die negatiewe…gedagtes altyd gevul met die mees snaakse en weirdste goed, ja…ja…ek weet ek het die verkeerde planeet gekies, maar tog, quantum fisika is en bly, interessant, is dit nie?  My gedagtes bly maal oor parallel universes, oor CERN, die skade wat hul aanrig en niemand ken die instansie nie…miskien een of twee mense wat ek ken.  Gedagtes wat hardloop van bakboord na stuurboord.

Waar vind ek iemand wat net kan sit en my belangstellings kan bevredig en vrae kan beantwoord.  Ek weet dis vreemd, maar ek kan nie help om dié tipe van belangstelling te hê nie.  Ek wonder soms of mense al agter gekom het dat die Mandela-effek al ingeskop het, dat veranderinge al voortgekom het en hulle besef dit nie, of wil dit nie besef nie…Jesaja 11:6 is nie meer die leeu en die lam soos ek dit onthou nie, maar die wolf en die lam…die Onse Vader soos ek dit geleer het, het verander…soveel veranderinge het al ingetree en niemand vra ‘hoekom’ nie, almal aanvaar dit soos skape wat na ‘n slagpale gelei word.  Sê nou ons oë se skille val af en ons besef dat ons mislei word deur bv. satan.  (kleinletter let wel) Ons volg blindelings en niemand vra vrae of query enige iets nie…wel, slagpale, hier kom die skape!  Aanvaar…aanvaar…aanvaar net…ek wil weet HOEKOM!!!

Wie weet wat CERN is, wat hul logo is en wat hulle doen?  Kortliks, dis ‘n nuclear research organisasie wat die hadron collider van 17 myl gebou het, wat sekere partikels vrystel wanneer dit teen geweldige spoed hardloop.  Dis ondergrond en tussen Frankryk en Switserland (op die grens van die twee lande).  Hulle dans ook die kali-dans, wat vir die Hindoe-god Shiva is, om die god van verwoesting op te roep. Ook is hierdie god se standbeeld voor die gebou geplaas. Met die opening van die langste tonnel in Switserland het hulle ‘n sataniese vertoning gehou. Die logo is 6’e wat oormekaar geskryf is…  Die mens wil nie die goed weet nie, hul hou hul ore en oë toe, minwetend wat aangaan…CERN is die grootste oorsaak van die Mandela-effek.  What if…God gave us a second chance…en ons sien dit nie…waar gaan ons dan land?

Woorde, denke en dade moet eintlik dan lei tot verbetering van die eie ek…positiewe denke en dade lei tog na ‘n beter menswees, of dink ek weer te vreemd vir baie…deur dankbaarheid aan die dag te lê en so te lewe, kan die heelal en mens net goed doen.

Flieks in die jare ’80, het dit al ‘voorspel’ en ons het dit beskou as fiksie.  Fiksie wat realiteit geword het.  Dan Cosset het in sy boek geskryf…What you say, is what you get.  Wat jy die hele tyd dink, word bewaarheid.  Dis hoekom ek deesdae my denke so bewaar en positief probeer hou.

Ek hou ook daarvan om die sterre te bestudeer en het al opgemerk dat die Suiderkruis nie meer so laag lê nie.  Orion wat net so bo my was, soek ek nou.  Nibiru volg ek naarstigtelik na, en die planeet het in die ou Testament sy draai om die son gemaak…3600 jaar later en dis weer die tyd…snaaks genoeg, nie ‘n sirkelvormige wentelbaan soos die ander 9 planete nie, maar elliptiese wentelbaan.  En waar die sonnestelsel op die wentel’arm’ van Sagitaurius was, sit ons nou op die wentel’arm’ van Orion in die melkwegstelsel.  80 000 ligjare van mekaar af…

Ja…ja…ek weet dis vreemd vir jou, maar vir my is dit ongelooflik interessant en waar vind mens iemand wat dieselfde belangstelling as ekke het…dis hoekom ek my paadjie alleen sal voortsit totdat iemand hierdie leemte kan vul.

Daar is soveel geheime in hierdie heelal opgesluit en slegs klein gedeeltetjies word aan ons bekend gemaak…ons, as mens, het soveel om te leer van God se grootheid, maar ons arrogansie maak ons blind.  Dis tyd vir oë knip, weer knip en aanhou knip en die groot uitspansel erken vir wat dit is, die grootste wonderwerk en begin om onsself te verander en nie blind te staar teen ‘n muur nie.  Nicola Tesla was heeltemal reg met al sy teorieë…hy was die een wat elektrisiteit vrylik en natuurlik wou vrystel, maar toe word Edison voor gestoot en die mens moet nou ten duurste vir alles betaal.  Wanneer ek so na die weerlig, donker wolke en reën staar, kan ek myself indunk hoe Nicola Tesla gevoel het, toe hy alreed as kind, na weerlig gekyk het en die potensiaal van natuurlike energie raakgesien het.  Einstein was intelligent, maar ek dink Tesla het hom ver oorskry.  Einstein het aan die teorie van parallel universes gewerk toe hy oorlede is, Steven Hawkins, Michio Kaku ena ander wetenskaplikes het ook hierdie teorie bestudeer en daarin geglo…hulle het ook geglo dat wat jy dink, gebeur…create your reality by what you think…en dis hoekom ek my emosies en gedagtes meer positief wil instel.  Indien enige negatiewe gedagtes my betree, wil ek dit verander…

“Your beliefs become your thoughts,
Your thoughts become your words,
Your words become your actions,
Your actions become your habits,
Your habits become your values,
Your values become your destiny.”

Mahatma Gandhi

Ek wil afsluit met die woorde:  What if…God gave us all a second chance?  Wat sal jy doen?

EkWasHier

weerlig