Kom ek vanmiddag tuis en hoor hoe rammel die grassnyer…o, ok, Sipho is nie snaaks nie, hy moet gesuip wees om eers na 2 te kom…Dit is toe M binnekom en sy trui, ja trui in die dodelike hitte, bietjie op en af ruk.  Hy vat my aan die arm en wys my die tuin…wragtig!  Daar staan die grassnyer en hy sny gras…tot die weedeater staan gereed…nee kyk, ek is seker ek droom.  Knyp my gou, want hierdie droom kan veel erger raak.

Die weer rammel, blitse blits en die gerammel word al hoe harder.  Reëndruppels plof neer, die wind ruk vensters   en vinnig maak ek ‘n paar vensters toe.  Dit raak al hoe donkerder en donkerder namate die weer swaarder en swaarder raak…sjoe, net in tyd tuis gekom…Ek is seker die heelal het gestaan en toekyk hoe M sy, jy weer wat, in rat kry…die heelal en wolke het seker ook begin gejuig en hande begin klap en trane van vreugde het oor hul wange gerol…(so sien ek die reën vanmiddag) M het nog nooit gras gesny nie.  My tuinjong werk al jare vir my…Ek dink hier is ietsie aan die broei, weet nog net nie wat nie…waarvoor moet ek myself gereed maak?

Ek is steeds in skok…grassny?  Weedeater gebruik?  Leer nou IGO???  As dit nie sneeu nie, weet ek nie wat gaan gebeur nie??

My seuntjie is seker besig om nou ‘n man te word, uiteindelik bietjie meer verantwoordelikheid begin neem, en seker besig om die lewe uit ‘n ander oogpunt te sien.  Sonder ‘n pa wat hom die tou wysmaak, of hom wys hoe om dinge te doen, is hy besig om alles self uit te pluis…en ek moet byvoeg, verrassings stop net mooi nooit…

EkWasHier

grassny