Ek was die afgelope naweek by ‘n boeretroue…’n regte egte een.  Daar was geen fieterjasies nie, geen opgesmuktheid nie…net ‘n rustige klein trouetjie.  My kollega, Channel, het getrou met een van die kids vir wie ek sedert 1999 (Gr 4) skool voor gehou het…Ruan.  Jy kan my maar Channel se skoolmama noem…

img_20161112_161832

Die huweliksonthaal is gehou in ‘n klein, en ek bedoek KLEIN dorpie met die naam van Vierfontein.  Dis in ‘n NGK tipe van ‘settlement’, baie baie klein, seker so 200 mense daar – ek dink…en om alles te kroon, verdwaal ons daar.  Nee, net 1 straatjie te laat afgedraai.  Die plekkie is omhein met bome wat die wind afkeer.  Mens gaan deur boomgates en die plek is baie veilig.  Dis die spreekwoordelike ‘one horse town’ waarvan gepraat word…maar het twee perde daar gesien…Langsaan is ook ‘n baie ou kerkie, nog die tipe wat langwerpig gebou was met die kruis voor…so mooi eintlik…en die stilte – ongelooflik!!

Nou C en R, is ‘n pragtige paartjie, pas so mooi bymekaar en lyk vir my nogal na mekaar ook.  Ek voel geëerd om daar te kon wees…Channel en Ruan, wat vir my mooi was, was dat julle nie net by julle vriende gesit het nie, maar met almal gekuier het.  Bietjie hier en bietjie daar.  Jy, Channel, was ‘n pragtige bruid en Ruan, ‘n handsome jongman.

Die saal was pragtig opgemaak…die vroutjie wat die saal opgemaak het, het ‘n ongelooflike werk gedoen.  Die ou fietsies, bankies, die klippies en sand om dit was net ongelooflik mooi, boonop was dit ‘n plankvloer ook en die saal was ‘n…ja, jy’s reg, boeresaal.

Dit was ‘n bring-en-braai.  Die formaliteite was ongelooflik vinnig afgehandel en die mense kon kuier.  Dit was so ‘n verassing om soveel ou gesigte te kon sien alhoewel daar min mense was.  Ek stem saam…net die wat werklik daar wou wees, was daar.

Gelukkig het mense nie vir Channel en Ruan opgeeis nie en die gekuier was net ‘n fees.  Ek het ook die geleentheid gehad om sommer met elkeen op die troue ‘n woord of twee te wissel.  Ken van geen kant af nie, maar dit was aangenaam.

Aldo en Theo, dankie dat ek saam met julle kon ry.  Aldo en Ruan was saam in Gr 4 – 7, in my klasse.  Dit was ‘n eer om die tydjie saam te kon deurbring.

Troukoek?  Die mooiste koppiekoekies met sonneblommetjies daarop.  Sjokolade en vanilla…Corné, jy kan maar koekbak.  Yummm…dié idee om bietjie af te wyk van die tradisionele vrugtekoek was ‘n goeie idee, almal hou nie van vrugtekoek nie…maar sjokoladekoek…altyd ‘n wenner…

IMG_20161112_193230.jpg

Ruan en Channel, mag julle huweliksbootjie net van krag na krag gaan.  Mag jule slegs liefde, blessings, vrede en vreugde ervaar…en natuurlik, kinders – nou nie by die dosyne nie asb.

EkWasHier

img-20161113-wa026-2