Vandag  het ek besluit dat ek wil dig…nie vir enige iemand nie, sommer ma’net…en terwyl ek so op en af in die lokaal loop,  op-en-af-op-en-af….begin my gedagtes vorm…’n gedig sonder naam…


In hierdie grashalm

se donkerste vou

lê my denke, ‘n kreet

opsoek na vryheid

smag na liefde

soeke na verstaan

soeke na ‘n spriet

wat net moet ontkiem.


Is dit nie so

dat in elk grashalm

se donkerste vou

iemand

iemand is wat wil

spruit en groei?

Tóg

word ons so

die gekrenk deur

die mens

weggedruk

kwynend.


In ‘n grashalm

se vou

blink daardie

druppel van dou

en hopelik

is dit die

begin

van ‘n heel nuwe

vrou.


Dit voel soms of iets ontbreek, iets waarop ek nie my vinger kan plaas nie…is almal soekend en gryp grashalms maar gly stadig uit jou hand om maar net na die volgende een te gryp?  Die een ding wat ek wel in die lewe gedoen het, was om twee kinders te kon baar…my kristalle wat skitter, my ligpunte in die lewe.  Daar het die grashalm se druppel dou geskitter en die mooiste twee doudruppels uit God se tuin vir my geskenk.  Daarvoor is ek dankbaar, en al wat ek dan kan uiter is ~ Dankie, dankie, dankie…

EkWasHier

NS.  Hierdie prentjie hieronder is so ekke…min ken my denkwyse en vir min sal ek oopmaak…en maak ek oop, vloei daar soveel uit dat ek veel eerder stilbly…

denke