Soms wonder ek of liefde en ridders uit mites, feëverhale of dalk net sprokies kom.  Dalk is ek Doringrosie wat vir ‘n 100 jaar innerlik slaap en nog nie uit die slaap wakker gesoen is nie.  Of dalk moet ‘n Shrek kom en ridder speel, nee wag so ‘n bietjie, ek soek nie ‘n irriterende donkie wat agter ‘n Shrek staan en balk nie.  (Hehehe)  Wat van ‘n ridder wat, soos in Eragon, ‘n goeie hart het en die beste uit ‘n draak haal, en die wêreld dan aan sy voete het…ja, ja, dis stories, mites, sprokies wat mens gereeld hoor…maar waar kom al daardie verhaaltjies vandaan?  Iewers moes dit tog ontstaan gehad het.  Ek geniet die ou legendes soos Merlin en Koning Arthur en die geskiedenis oor Avalon…selfs mitologiese verhale…

My liewe vriendin, Wilma, wil natuurlik weet of ek al Mr. R (Right) ontmoet het want sy wil graag ‘n Kersfeesstrooimeisie wees. Ek natuurlik, neem alles soos dit kom. Sy’s haastig en ekke is so kalm soos ‘n oorlogskip op ‘n teerpad.  Alles het ‘n tyd en ‘n plek.  Wilma het my telkemale al gewaarsku teen mans wat 3 V’s is.  So het ek al geleer om die 3 V’s te vermy.  Vreet, Vrek en Vry…ja, dis goed om te lag en grappies te maak…en saam lag hieroor is netso goed, dis goed vir die siel om lekker te lag.

Hierdie naweek het ek iemand uit my lewe geblokeer.  Sonder om te skroom…ek het die man ontmoet, voorgekom as baie dierbaar, aantreklik, kon goed kommunikeer…So kom dit dat my dogter kom kuier…en ons twee kuier letterlik die naweek om.  Net om die foon op te tel en die aaklige boodskap te kry van hoe selfsugtig ek in die lewe is.  Dat ek net aan myself dink en nie aan die man se gevoelens nie.  Dit het my nogal ontstel, aangesien ek nie so iemand is nie.  Inteendeel, ek en die man is, sover ek weet net Whatsapp vriende.  Nog nooit die man, in persoon, ontmoet nie.  Hoe moes ek nou weet dat ek al my aandag net aan hom moes gee.  Eintlik behoort ek nie aan hom nie, ek is ‘n vry mens en doen wat ek graag wil…en om saam met my dogter te kuier was vir my eintlik baie belangriker as die selfoon…Verder ook dat ander vrouens in hom belangstel en een selfs vanuit Amerika na hom toe wil kom en alles vir hom wil prysgee…ek hoop sy doen dit, want toe wip ek my mos nou mooi.  Ek het nooit geweet dat ons ‘in ‘n verhouding’ staan nie. Gits, my ander vriende gun my die tyd saam met my dogter.

laughing-rest-of-my-life

Nou, toe ek my wip, toe vertel hy my ek moet hom maar vergeet…wharra…wharra…dis toe ek maar besluit, dis goed so vergewe en vergeet.  Een, twee, drie en hy’s geblok. Nou nie soos in wegkruipertjie nie, soos in uit my lewe uit.  Ek dink nie ek het negatiwiteit in my lewe nou nodig nie…ek soek lag, positiewe reaksies…

Maar ek moet bylas, ek het goeie vriende en daar is mense wat ek nogal as goeie vriende ag en dink hulle is ongelooflike goeie mense.  Hopelik nie die 3 V’s nie…maar die 3 G’s…Geduld, Goedhartig en Getrou…mens weet nooit wat die toekoms inhou nie, mens weet nooit wat vir jou toekoms beplan is nie, maar wat ek wel weet is, dat ek steeds goeie vriende het en hulle bly deel van my vriendekring.  Ek kan ook bylas dat ek dankbaar is vir wie ek ken…Dankbaar vir goeie mense en omgee mense.

EkWasHier

men-and-excuses