“Marriage made in heaven…all the unseen and dark places hidden in the heart will appear in the light of love.”  Ja, dis waar, en jou ware eggenoot is al lankal bepaal, altans so dink ek.  Dit is alreeds ‘n commitment, sonder dat ons dit weet.  Dit sal maar gebeur, kom wat wil…jou siel weet dit, die hemele roep dit, en jy ~ jy weet dit.

En wat ons nie weet nie, of nie wil weet nie, is dat daar ‘n enorme magnetiese band is wat julle altyd sal aantrek ~ soos hulle sal sê:  In the name of love. My pa het gesê dat daar ‘n fyn draadjie tussen haat en liefde lê.  Kyk na al die hygromans waar die twee mekaar so haat net om omgesit te word in die mooiste liefde.

In Avatar sê hulle “I see you”  en dit beteken soveel meer as “I love you”, ek dink dit wil eintlik sê dat jou siel raakgesien word.  Meeste mense vind dit nie meer so aanloklik nie, vind tradisionele huwelike nie meer as die regte manier van liefde nie.  My x het gesê dat hy nooit ‘n gelofte voor God gemaak het nie, dis die tipe gelofte wat nie meer in die hart gevoel word nie, dis asof ‘n kontrak geteken word en geld gespandeer word net om later verbreek te word.  Wat’s die doel dan van dit?

Wat wel belangrik is, is dat daar ‘n tyd en plek vir alles is.  Onthou ook jy kan nie iemand se gevoelens verander om by joune aan te pas nie.  As iemand nie homself tot sy eie, hoe kan ek dit stel, sy eie mag (power) wil commit nie,  sal hy nooit werklik tot iemand anders kan commit nie.  Ons het tog al geleer wie en wat jy is, wat jy nodig het om te floreer, groei en sterk te bly…die wêreld is vol challenges…jy het al geleer wat jou persoonlikheid is, hoe jou ego reageer op dinge.  Of jy ‘n sterk persoon is, hoe om mense om jou aan te wakker, te inspireer ens.  En alles is gebasseer op die waarheid.  Dis hoe jy liefde kan gee en ontvang, dit maak die ander een tog sterker en nie swakker nie.   Mens kan net vir ‘n seker paar jaar voorgee, dan kom die ware persoon tog na vore.  Ek het gelees van Twin Flames, dat wanneer een op die vlug slaan, moet die een wat agterbly hul pas van groei volhou…die een wat gehardloop het moet dan maar met ‘n spoed begin groei, en dan die pad self terug vind.  Dus:  Tyd bly maar jou beste maatjie.

Eendag wanneer jy iemand vind wat eerlik is met sy eie siel, die een wat die tyd geneem het om homself te leer ken, sy eie pyn te kon verwerk, homself binne kon genees het, en die kragte opgebou het om bo uit te kom…dan vind jy iemand wat gecommit tot homself en tot jou is…om dit te vind, moet mens tog jou ware innerlike leer ken.  Dit neem soveel wysheid, soul searching, struikel en opstaan weer struikel en opstaan.  Wanneer jy eers gecommit is tot jouself,  nadat jy deur die diepste donkerste duisternis was en die lig gevind het, dan eers sal jy jou eie refleksie in iemand anders raaksien.  Wanneer jy voel jou lewensmaat lewe vir homself en lief is net vir homself, dan het jy ‘n vrees gebasseerde verhouding.  Wanneer mens die lig vind, verdwyn die vrese…

Wanneer jou lewensmaat reis en weg is van jou, kan hy soveel vriende en kennisse opbou, en jy sal vrede hê, as jy weet hy is commited tot jou deur die hart.  ‘n Goddelike konneksie.  Dan vind jy die rus, kalmte en vrede innerlik, nie vrese nie.  Wanneer julle vrede en rus vind, vind julle ook vertroue…en julle weet julle kan mekaar vertrou…maar dit moet wedersyds wees.

Waarom faal die tradisionele huwelike so?  Ek dink dis omdat die huwelike nie meer bestaan uit die oogpunt dat dit ‘n hartskonneksie is nie.  Nie meer gebasseer is op die ware sielsaspekte nie.  Dis gebasseer op buite faktore en sosiale standaarde soos geld, verlange na iemand wat jou ego beter laat voel…Om te bewys jy’s lief vir iemand en dis gebasseer op ego, gaan beslis nie werk nie.  Waarom moet mens bewys dat jy lief is vir iemand?  Optrede en commitment en liefde kom vanselfsprekend.  Wanneer iemand van buite na julle kyk, moet dit sigbaar wees.  En dit word innerlik gevoel…Wanneer jy eers vind dat jy jouself kan voed met self-liefde, self-tevredenheid en vervulling, begin dinge inmekaar te val.   Liefde sal nooit ekstern gevind kan word nie…dit is alreeds intern binne in jou.  Soek net dieper.  Deur dit buite jou te soek en te dink ander maak jou gelukkig sal jy die res van jou lewe soekend bly.  Jy sal nooit rus vir jou siel vind nie, maak nie saak hoe lank of hoe ver of waar jy soek nie…of jy dit in ander mense, drank, dwelms, pret ens. soek nie…jy sal dit nie daar vind nie…dis binne jou. BINNE!!!

 

 

Het jy geweet dat die energie, die vibrasie van jou hart so ongelooflik sterk is, selfs meer krag het as jou brein.  Gee jy dit genoeg krediet en erkenning?  Nee…weereens, in ‘n Godgegewe huwelik, sal al die donker en ongesiene plekke wat diep binne in jou hart is, uitkom in lig en liefde.  Donkerte sal die hoogtepunt wees van ‘verliefdheid’ terwyl liefde die ware vibrasie is.

As iemand jou werklik lief het, sal dit wat in die donkerte en ongesiene is opduik en jou wys wat jy kan verander…

Dus gaan voort;  lewe, loop, haal asem, dans, huil, jubel, lag…en laat alles net daar wees.  Hou op om  oordeel te fel oor jou vrese…Meestal werk rebound huwelike en verhoudings op die long run nie uit nie.

 

Let go, haal weer asem en weet hoe wonderlik elkeen is…wanneer iemand weg hardloop uit ‘n huwelik, is dit nie jy nie, dis hul vrese en donkerte en ongesiene binne hulself.  Eendag vind hulle dalk hul pad terug na jou toe…mens weet nooit wat die lewe inhou nie…Intussen kan jy groei en lewe…
Woorde Wik God Beskik…
EkWasHier