Rapporte is uitgedeel, alle admin is in orde…en hier sit ek, klaar verveeld met my eie geselskap.  Ja, ek het kreatief geraak, nogal baie, skoentjies mooi verander en selfs geskenkies alreeds toegedraai.  Ja, my geskenke word al deur die jaar gekoop en ek soek iets vir elkeen spesiaal uit gekies.  Maar al hierdie takies kom tog tot ‘n einde.

Dis seker tyd dat ek ook aanbeweeg, maar ek is so stadig, stadiger as ou Skillie Skilpad ~ soos ‘n slak! Het ek toe die een persoon ontmoet en gedog hy is nou nice…hy vertel my van sy geloof en hoe hy mense genees.  Nogal beïndruk, maar toe vertel hy my ek sal aanpassings moet maak.  Hy het my nog nie eens ontmoet nie en wil my kom hiet-en-gebied, gmf…Ek moet aanpassings met my dierekinders doen…my 3 kietiekatte…Ja, ek het die aanpassing gemaak…ek hou my dierekinders – Movit!!!  Mens leer tog eers die ander een ken voordat jy met voorwaardes kom.  Weereens ~ GMF!!!

Om aan te beweeg en oor iemand te kom is seker een van die moeilikste dinge wat mens in die lewe kan bereik.  Veral as jy daardie een as jou toekoms beskou het.  Maar dis moeilik om soms in die regte rigting in te beweeg.  Om closure te kry is moeilik, want jy’t nog gedink jy gaan hom nog vertel hoe lief jy hom het, wat hy vir jou beteken, dat jy nie aan egskeiding gedink het nie…maar aan moord wel…(hehehe) Dan die skok, jy moet finaal groet want ‘n ander het jou plekkie ingeneem.  Die ergste is, Jesebel het gewen, hy’t nie eens vir jou en die kids baklei nie…jy was dit nie werd nie.  Wel, dit maak binne seer, seerder as …as…as…seker seerder as die hel.   Anyway, laat jouself tog deur alles gaan, so laat daardie wonde genees, dit neem tyd, maar dis jou tyd.

Onthou om na jou pragtige hart om te sien.  Een dag gaan jy wakker  word en besef, jy mis hom glad nie meer nie.  Dis dan dat jy sal kan aangaan met die lewe.  En moet vir niks en niemand terug staan nie.  Laat niemand voorwaardes stel en jou laat aanpassings maak nie,  anyway, hulle verlies.  Ek sit en kyk na Poppie-Lief, my kattemeisiekind wat rustig langs my lê, uitgestrek en dan wonder ek hoe mense verwag dat ander van hul diere moet ontslae raak.  Ek moes van my 2 Saints laat gaan het toe ek in die kompleks ingetrek het, ek was gebroke maar hulle 2 is op ‘n plaas, vet, vry en gesond.

Wat ek vandag hier wil tuisbring is dit:  soms bring diere meer liefde in jou lewe.  Diere gee onvoorwaardelike liefde terwyl die mens voorwaardes aan alles koppel.

EkWasHier