En as jy dit verstaan, sal jy my ook ‘n bietjie verstaan…
 
Ja, ek is ‘n introvert.
Nee, ek is nie skaam nie.
Nee, ek is nie ‘stuck up’ nie.
Nee, ek is nie antisosiaal nie.
Ek luister net meer as wat gepraat word.
Ek neem in en observeer.
Ek sien dingetjies raak wat vir ander onopmerklik is.
Ek voel soms meer aan as wat ek sien.
Ek gee om vir die mense om my.
Ek haat ‘small talk’, maar ek kan oor die lewe praat vir ure.
Ek sal liewers tuis verkeer met ‘n goeie vriend/in of 2 as om tussen ‘n groot menigte te wees van kennisse.
Ek verkies skryf bo nodelose gesprekke.
Moenie met my raas in die publiek nie.
Moenie my verkleineer voor ander nie.
Moenie my vriende vir my kies nie.
En wanneer ek jou vertrou en jy verbreek daardie vertrouensverhouding, weet dat ek myself nooit weer vir jou sal oopmaak nie.
Respekteer my gereserveerdheid.
EN as ek myself oopmaak vir jou
Weet net dat jy baie spesiaal dan vir my is…
EkWasHier
limited-edition