Wanneer jy lief is vir iemand of iets…dan laat jy dit nie bedreig voel nie, jy straf dit nie…jy veg vir dit, jy pamperlang dit en jy plaas dit eerste…

Nou kom dit by jou hart…jou hart fix homself dis jou gedagtes waaroor jy moet worry.  Dis waar al jou gedagtes, herinneringe ens. gestoor word, toegesluit is…Dis die plek waar die skerwe lê van die wie jou seergemaak het, waar die skerwe van die glas jou daagliks stadig maar seker deurboor en vernietig.  Jou gedagtes wat jou snags wakker jou, jou onbeheersd laat huil, jou oor en oor en oor vernietig.  Dis hoekom jy jou gedagtes moet oorreed om te let go want dit is besig om jou te vernietig. Nikita Gill het eens op ‘n tyd gesê:  You need to convince your mind that it has to let go because your heart already knows how to heal. Dis waar, jou hart is sterk maar ai, daardie gedagtes is kastydend.

Mens is tog in ‘n verhouding om gelukkig te wees, te lag en goeie memories op te bou.  Jy’s nie in ‘n verhouding om voortdurend ontsteld, kwaad en ongelukkig te wees of om te huil nie.  Maar mense kan nie vir ‘n ander een kies nie.  Jy maak daardie keuse…soms wil familie of vriende jou keuses vir jou maak wat beslis nie sal akkodeer met jou omstandighede en gevoelens nie.  Wens tog die mense wil jou laat staan en jouself toe te laat om te genees…en nie dwing om dinge te doen waarvoor jy nie lus is nie…

By gesê…eendag, wanneer ek dit die minste verwag sal Mr. Purrrfect my van my voete af loop en ek sal eers verbasend na hom kyk voordat ek gaan reageer…LOL…ja, ek kort ‘n bril vir liefde, want ek sien dit nooit raak nie.  Soms wonder ek of dit nie net ‘n mite is nie.  Liefde is suppose to be vir ewig te wees…daarom is daar seker feeverhaaltjies gestig om die illusie daarvan te verskerp.  Ek sal veg vir liefde, maar sal die ander een dit doen?  Uit ondervinding het ek geleer dat dit nie gebeur nie.

Dus…los ek maar verhoudings en liefde … miskien gebeur wonderwerke eendag…

EkWasHier

feetjie-dust

 

 

Sprinkel die fairydust…wish upon that star en dan kyk ons wat gebeur…