Goed, kom ek verduidelik gou hoe werk natuurlike gesondheid.  en verduidelik gou-gou ‘n ietsie of wat oor gesondheid waarvan jy niks, absoluut niks geweet het nie.
Goed, eerstens is daar goed wat jy vetselle noem…en hierdie vetselle begin al hoe meer en meer DOOF raak sodra jy praat of selfs soetgoed sien of selfs daarvan praat.  Hulle hoor nie as jy dink hulle moet nou hulle selle begin verloor nie, nee, die pak mos dan meer en meer aan.  Net soos tieners wat begin rebelleer en mos van beter weet.  Dit beteken ook, al gaan jy gym toe en volg ‘n streng program…dié selle klou sussie, vir ‘n vale!  En klou ~ klou die selle.
Hardkoppigheid is die woord   Soos oupa wat net nie wil luister nie, en nee…jy’s nie gek nie, en dit is beslis NIE JOU FOUT NIE!!!!!  Nee, jy’s ook nie lui nie.
Miskien as jy dalk ‘n ander sintuig probeer, dan sal dit seker help.  Miskien HOOR hulle nie die regte command nie.  Miskien, wanneer jy die heerlike, sappige, watertand disse SIEN, sal hulle dalk skrik en besef hulle vermeerder nou te vinnig, maar nee!  Dit werk ook nie, want dan raak die goed mos gulsig en wil aanhou vermeerder.  Snaaks dat die regering nie ‘n grant wil instel om hierdie ongerief te wil ondersteun nie.
Wat van VOEL?  Voel die love handles, goed, dis hoekom dit daar is, om gevoel te word, om vasgehou te word.  Goed, dit moet bly.  Wat van die selluliet sien?  Nee, dit is ‘n bewys dat ek ‘n mama-sakkie (dis nou my maag) het en ek kinders gehad het, sommer 2.  Dit bly.  Wat van my wangetjies wat uitpof?  Nee, dit wys dat ek gelukkig is en ek baie lag…dus dit werk ook nie.
PROE sal beslis nie werk nie, want dis mos die voermiddel van vetselle.  En wie hou nie vsn PROE nie?  Dink net, die ervaring van geur soos sout en suur en sout-suur kombinasie, soet en suur en soet-suur kombinasie, en suur alleen en sout alleen maar die lekkerste is die soet wat stadig maar seker op my tong smelt.  Heerlike fondant sjokolade wat stadig smelt en versprei oor elke gedeelte van my tong…NEE! Dit werk ook nie! Dus gaan REUK ook nie werk nie, want die heerlikste aroma’s sal beslis my smaakorgane aanwakker.
SIEN. JA! My oë sal miskien help, tevergeefs help dit ook nie, want ek is altyd op ‘n ligte dieet…as die ligte aan is of dit lig word wil ek eet.  Dis ook uit!
Dis hoe die kersseisoen gaan wees, dieetloos en geniet wat ek eet.  Nou nie in oormaat nie, ek sal elke happie geniet en miskien net alles stadiger kou en laat smelt om elke happie absoluut te geniet…
Nou vat my soos ek is of los my.
EkWasHier
vet