So, jy sê jy het ‘n sin vir humor?  Nou ja, haal uit en wys jou sin ‘n bietjie.  Ek het die afgelope ruk ‘n paar mense ontmoet en ek wonder waar hulle, hul sin vir humor vandaan kry…eintlik is dit meer wippie en snippie as humor. Soms wrang sin vir humor ook.  Wat het van die mooi in die lewe geword?

Wag, miskien is my sin vir humor heeltemal verkeerd.

Voorbeelde?  Sal ek ‘n paar noem?  Begin met my wat ‘boggers’ wou tik, i.p.v. ‘Bloggers’ en daar sit ek en lag vir myself.  Ook waar ek op Facebook die volgende plaas en niemand dink dis snaaks nie, behalwe ek natuurlik.

missing

Miskien moes ek ‘n prentjie van Ima Lunatic geplaas het, en nie net oopgelaat het nie, maar net ek weet hoe my imaginary friend lyk. Netnou skrik almal vir my imaginary friend en kies die hasepad.  Ag, nou ja…gelukkig kan ek lag vir myself en het nie ander nodig om die lagwerk te doen nie.

Ek sit en dink ook so, noudat my jongste klaar met skool is, kan ek weer myself wees.   Ek mag mos nie te hard gelag het nie, nie enige iets gedra het wat hulle skaam gemaak het nie.  Niks oor hulle mag gepraat het nie…nou kan ek mos doen net wat ek wil – ja…ja…binne perke natuurlik.

En ai, het ek die vermoë om alles verkeerd te hoor…ek onderhandel met ‘n pragtige vrou wat cheerleading vir skole afrig en sy sê sy wil iemand kry wat  “bla…bla…” in die cheerpoppies raaksien.  My oë rek so ‘n bietjie en ek trek my een oog se oogwimper op. Ek skryf toe die woord neer wat ek gehoor het, sy begin lag en vra of dit is wat ek gehoor het…ja…ek het sexibility gehoor en nie flexibility nie.  Na ‘n lekker lag het ons verder gegaan…wel, beide is seker nodig vir dit…??

Dis dalk nie my ore wat my in die steek laat maar dalk dat ek in ‘n wêreld van my eie lewe.  Ek kan so droomverlore raak.  Dromers is maar die wat nie maklik oral inpas nie, of die wat weird is, en tog dit pla my nie.  Ek is, was en sal altyd ‘n dromer wees, die mooi in almal raaksien en alles en almal aanvaar vir dit, wie en wat hulle is.

Gewoonlik snap ek ‘n grap vinnig, soms is ek die undercover blond wat dit eers na die tyd snap.  Gister weer ‘n paar grappe gehoor waarvan meeste snaaks was, maar onthou?  Ek onthou dit nie meer soos toe ek jonk was nie.  Grappe is soms goed, dit laat jou lag dat die trane soms loop en dis goed vir die siel…lag is so nodig soos lug en water.

Jy’s welkom om grappe te los…tyd vir bietjie feesgety lag…

EkWasHier