Om in Suid-Afrika te bestuur is nogal ‘n kuns.  sedert ek my lisensie gekry het, sien ek so baie reëls het verander.  Ek bestuur nog volgens die ou reëls, maar lyk vir my die nuwe Suid-Afrika het gekom met nuwe padreëls.  Ek gee hier ‘n paar ‘tips’ oor hoe om die padreëls te gebruik…misbruik??

Hier volg ‘n paar ‘tips’…

  1.  Slaggate het oral opgeduik en dus moet jy om hulle ry.  Indien jy reguit ry, beteken dit net dat jy dronk is.
  2. Moenie jou flikker aansit nie, dit sal die verrassing ‘spoil’ van jou volgende bestuursvernuf op die pad.
  3. Moenie vir enige padteken stadiger ry nie.  Dit sal die ander bestuurders verras indien jy hul van agter tref.
  4. Moet asb. nie die distansie tussen jou voertuig en die ander voertuig voor jou verleng nie.  Dit mag dalk twee taxi’s voor jou laat inbeweeg.
  5. Moet nooit stadig ry op die snelweg nie, dit sal jou bietjie onnosel laat vertoon want sien, jy volg net die politici se voorbeeld wat met blou-ligte verby jaag en alles ignoreer.  Goeie voorbeeld wat hulle stel, dus volg dit na.
  6. Onthou om nie regs verby te steek nie, doen dit eerder links, dit sal die ander padverbruikers op hul hoede hou en miskien nugter en wakker ook.
  7. O kom dit by nugter, ‘n drankie of twee en ‘n sel in die hand is nodig…dit laat die ander padverbruikers wonder wat jou volgende beweging gaan wees

Wel, hoop dit het julle bietjie laat glimlag…geniet ‘n wonderlike feesgety en wees versigtig.  Mens weet nooit wat die ander padverbruikers gaan aanvang nie.

Dit laat my dink aan ‘n storie van lank gelede in Australië. en…waar ‘n man ‘n kameel gery het en vir dronkbestuur aangekla is.  Hy het toe ‘n 15 jarige seun die kameel laat bestuur.  Hy is egter gevang, waarop hy toe wou ontsnap op die kameel se kalf, net daar besluit die kalfie hy wil terug na sy mama toe gaan.  Arme man het is toe aangekla vir meer as een oortreding.  Nogal ‘n ware verhaal…so pasop, enige bewegende ‘voertuig’ moet versigtig bestuur word…hehe…

EkWasHier

Op ‘n ligte noot…