Dis so maklik om te oordeel…persoonlik dink ek mense oordeel ander omdat hulle nie daardie persoon werklik ken nie of wil leer ken nie.

lincoln

Dis ietsie wat ons by Abraham Lincoln kan leer.  Elke keer wanneer hy iemand ontmoet het en nie van die persoon gehou het nie, het hy punt daarvan gemaak om die persoon te leer ken. Is dit nie iets wat ons almal behoort te doen nie?  Leer iemand ken en nie luister na ander se stories ens. nie…dis wat jou tog laat uitstaan bo ander, dalk beter leier maak…

Ek is die soort persoon wat geweldig stil tussen baie mense is of dalk mense wie ek nie juis ken nie.  Mense wie ek wel ken, ken iemand anders…jy ken my slegs wanneer jy nader aan my is en met my werklik kommunikeer.

Indien jy my nie van naby leer ken nie, ken nie dié sy van my nie…ek hou van lag en baie ook…soms lag ek wanneer niks snaaks is nie…soms probeer ek ‘n grappie vertel al onthou ek dit nie so goed nie…lag maar saam…

Ek is ‘n hopelose romantikus.  Ek val soms oor my eie voete, van my skoene af oor ander se voete, val letterlik in die bus in en nie uit nie…giggel daaroor en behou die merk vir ‘n leeftyd.  Ek val soms oor niks, ek struikel soms omdat my enkel net ingee…ek val – punt!

Ek raak soms baie geaffronteerd, en soms laat mense my net ongelukkig voel.  Wanneer mense ander afkraak, voel ek sleg daaroor…ek hou nie daarvan nie.  En dis so maklik om my misrabel te laat voel.  Seker die empaat wat binne my verskuil lê…Ek haat dit wanneer mense ander oordeel, of wanneer mense wrokke koester.   Soms doen ek dit, maar ek besef dit dan, dan werk ek aan myself.  Jy weet nie hoeveel jare ek al aan myself werk om myself te kon opbou tot waar ek is nie.  Dus moet my nie afkraak of oordeel totdat jy in my voetspore geloop het nie.  Moenie my oordeel vir dinge wat ek werklik probeer reg doen het nie.  Ek sal niemand in ‘n slegte lig stel nie.

Min mense weet van my probleme, miskien die oppervlak maar die diep goete??  Nie maklik nie. Ek sal slegs oopmaak wanneer ek jou heeltemal vertrou en dit gebeur min.  En ek hou nie daarvan dat mense my bejammer nie.  Ek kan op my twee voete staan, al wankel dit ook baie.

Ek sal veel eerder skryf en dink voordat ek praat, ek is weird, lomp, introvert soms maak ek oop vir ander en ander nie, hou van die mistieke in die lewe…hou van navorsing doen oor dinge waarvan mense min weet, hou van filosofeer…beskerm my innerlike met aggressie…bly liewers tuis…en verryk my innerlike…soms baie bang om mense te ontmoet weens die dinge wat mense (veral mans) aanvang.  Dis waar beskermingsmeganismes inspring…beskerm myself, my kids, familie, vriende, Pikkies… Ja, ek sal jou help in jou nood al is jy nie my vriend/in nie, ek sal help al is jy iemand wie ek nie ken nie…ek is net ek…

take it or leave it…

EkWasHier